Skip to main content

Desemberhoogtepunte

Desembervakansie... 

Gewoonlik het ons die karavaan gehaak en lekker in Oudtshoorn die son gaan soek. 

Hierdie jaar het ons by die huis gebly.  Herman het redelik baie werk gehad aangesien hy vir 'n paar maatskappye hul PAIA-handleiding moes klaarmaak.  Die Mense-regte kommissie van SA verplig alle maatskappye om so 'n handleiding met inligting oor die maatskappy, in te handig.  Die sperdatum was 31 Desember. 

Desember het nie veel van strandweer opgelewer nie, ons het mooi een keer see toe gegaan sonder om weer letterlik terug te waai.  Ek moet eerlik sê, die wind is heerlik om jou wasgoed droog te kry... Ons het ook sommer 3 dae reën gehad.  Snaakse weer vir Desember, maar dit het ons maar min gepla.  Die kinders het hulself besig gehou met kuier by maats, swem, oorslaap en stories kyk.

Tussen alle tradisionele Desemberfeesdae het ons ook Wicus se verjaarsdag om te vier.  Hierdie keer dan lekker tuis,  ons was betyds om 8 van die 9 maatjies te nooi vir 'n swempartytjie op 26ste en hy het lekker verjaarsdag gevier op die 29ste saam met ons almal, sy ouma Marja en oom Henk en tannie Beppie uit Barneveld.

Sommer 'n paar kiekies om te kan deel in die pret.

Die eerste week van 2012 is alweer byna om, ons kan julle dus nie meer gelukkige nuwe jaar wens nie, maar ons wens julle steeds die seën en genade van die Here toe.

Sewevanderlindens groet tot volgende keer.


11 kersies


Massa-aksie


Aksie... BOM...  Wicus maak die swembad bietjie leër


Kyk mooi!  Jorienke spring deesdae sonder twee keer dink by die hoë muur in die diepkant in


As Herno bom, dan staan almal maar vol respek eenkant...


Maricia duik


Xander maak 'n "mense-hoop" deur op Herno te klim toe Herno Wicus gelukwens
Posted by Picasa

Comments

Baie geluk Wicus! Lyk of jy 'n heerlike dag gehad het! Mag hierdie jaar vir jou 'n baie lekker jaar wees in die GLB!
Die Breytenbachs

Popular posts from this blog

All about blessings en seëninge

Count your blessings / Tel jou seëninge A word full of emotional value... blessings...  We always have the tendency to think BIG when we hear the word.  As if only big things or events can be counted as blessings.  But this past week, we have been blessed beyond believe.  Why?  Because of our children, of who they are and what they do.  Because of what people see when they look at our children.  Because of what WE see when we look at them:  BLESSINGS.  Gifts from our Heavenly Father, with whom He wanted to bless us... In die afgelope 10 dae, was daar in ons gesin ongelooflike drukte.  Vir vier van die vyf kinders was daar afsprake, kompetisies en deelnames.  Net Jorienke was salig onbewus en onbetrokke by al die geharwar om haar heen.  Vir haar was die speel by maats die hoogtepunte van haar afgelope twee weke... Herno het deelgeneem aan die Skiereiland se Top Skole Skaakkompetisie met 15 skole wat gekwalifiseer...

'n Verjaarsdag 1000

Hierdie een is spesiaal vir al my vriendinne daar buite: Elke jaar is dit vir almal van ons weer 'n moeite-volle soektog na 'n oulike geskenkie vir ons vriendin(ne) wat verjaar.  Almal weet dat op "ons ouderdom" daar nie veel is wat ons graag aan aardse dinge wil hê nie... die meeste van ons is eerder gereeld besig met 'n vermindering van aardse dinge!  Almal weet ook dat die aandra van 'n geskenkie glad nie noodsaaklik is vir die sukses van 'n verjaarsdagviering nie.  Aan die ander kant, vir almal van ons is dit lekker om te gee, en spesiaal-uitgedinkte geskenkies maak tog 'n mens se dag heel besonder. Hierdie jaar was ek besonder bevoorreg om van die mees oorspronklike, spesiale en verrassende geskenke te ontvang.  Ek ag myself besonder geseënd met sulke vriendinne (van hulle is familie ook nog... :-)), julle sal weet wie julle is!  Jul liefde en vriendskap is al vir my elke dag 'n geskenk waarvoor ek die Here alleen kan en ook wil dank!  Bai...

GLB-Kleuresport

Kleuresport - GLB: 3 Februarie 2012 Uiteindelik het die dag aangebreek...  Die kinders het al vir weke geoefen aan die krete en liedjies.  Die spanne is opgestel en die items verdeel.  In ons eie gesin is die lojaliteite ook verdeel:  Wicus is 'n by in die Geelspan en Xander is 'n panda in die Witspan.  Aan entoesiasme en wedywering het dit nie ontbreek nie, maar alles in 'n gemoedelike stemming... of so het ons gedink! Met die aanbreek van die groot geleentheid, kom ons tog agter hoe die wind waai, of miskien moet ons sê: ontdek ons jakkals se ware kleure!  Die Pandas en die Bye het langs mekaar op die pawiljoene gesit en die een het harder as die ander probeer skree.  Xander het met baie ywer en 'n houding van "ek-weet-hoe" aan alle singery deelgeneem en Wicus het saam met sy maat Tiaan gesorg dat die gr. 6-element duidelik hoorbaar en sigbaar was in die by-span! Albei seuns het lekker deelgeneem aan die atletiek ook.  Xander het na di...