Skip to main content

'n Verjaarsdag 1000


Hierdie een is spesiaal vir al my vriendinne daar buite:

Elke jaar is dit vir almal van ons weer 'n moeite-volle soektog na 'n oulike geskenkie vir ons vriendin(ne) wat verjaar.  Almal weet dat op "ons ouderdom" daar nie veel is wat ons graag aan aardse dinge wil hê nie... die meeste van ons is eerder gereeld besig met 'n vermindering van aardse dinge!  Almal weet ook dat die aandra van 'n geskenkie glad nie noodsaaklik is vir die sukses van 'n verjaarsdagviering nie.  Aan die ander kant, vir almal van ons is dit lekker om te gee, en spesiaal-uitgedinkte geskenkies maak tog 'n mens se dag heel besonder.

Hierdie jaar was ek besonder bevoorreg om van die mees oorspronklike, spesiale en verrassende geskenke te ontvang.  Ek ag myself besonder geseënd met sulke vriendinne (van hulle is familie ook nog... :-)), julle sal weet wie julle is!  Jul liefde en vriendskap is al vir my elke dag 'n geskenk waarvoor ek die Here alleen kan en ook wil dank!  Baie dankie aan elkeen van julle wat my Maandag rosegeur en maneskyn gemaak het!

Nou ja, hiermee dan die geskenklys, sodat dit julle almal kan inspireer vir die volgende verjaarsdag in jou familie- of vriendekring:
Let wel,
die lys is nie op volgorde van belangrikheid of gewildheid nie!!! Die geskenke van my liewe man en kinders is ook nie hierby ingesluit nie - dit sal julle net jaloers maak.  Ook nie die geskenke van die skool nie, dit is nie vir almal beskore om op soveel plekke bederf te word nie...

  1. pragtige bos rose, op my kantoortafel neergesit toe ek nie daar was nie, 'n heerlike verrassing (ja, dis die rose in die foto - kyk hoe pragtig hulle lyk na meer as 10dae van Bellville-somer),
  2. 'n bos met pienk angeliere en allerhande blomme om die angeliere op hul beste te vertoon,
  3. tydskrif-inskrywing vir 'n jaar op 'n tydskrif met wonderlike idees, resepte en wenke,
  4. 'n ander tydskrif waarin 'n lekker bederf vir die stort toegedraai was,
  5. 2 pragtige hand-getekende skilderytjies, een met 'n roos en een met 'n protea,
  6. kaartjie-maak-klas van my keuse, saam met die liewe mens wat dit gegee het,
  7. twee kaartjies vir 'n kooruitvoering,
  8. 'n uitnodiging na 'n Mugg-and-Bean koffie (Milo)-drink met 'n lekker stukkie koek,
  9. totaal onverwags en 'n groooot bonus; 'n uur-lange telefoongesels met liewe vriende anderkant die wêreld,
  10. stortprodukte in 'n fraaie mandjie toegedraai,
  11. kookboeke met die klem op maklik en vinnig,
  12. nuwe hout skinkbord,
  13. nougat-lekkers, genoeg om met  my gesin te deel,
  14. handgeskilderde yskasmagnete, ai Jorienke geniet dit so om dit "mooi" te pak,
  15. kontant in 'n koevertjie sodat ek tog die mooi horlosie kan koop wat ek gesien het,
  16. 'n notaboekie, net mooi klein genoeg om in die handsak te pas, groot genoeg om my gesin se inkopies vir 'n week op te skryf
Wel, hopelik maak hierdie lysie die soektog na 'n geskenk makliker - en liewe vriendinne, kyk gerus Februarie 2013 weer na die lysie as dit DV weer tyd mag word vir my verjaarsdag...

Liefdegroete
Elsbeth

Comments

Anonymous said…
Liewe Elsbeth

Sjoe, die rose is mooi! Bly jou verjaarsdag was so spesiaal en ja, dit is oulike gedagtes vir geskenkies. Dankie dat jy dit met ons deel. Mag die res van die jaar ook sommer vir jou vol roosgeur wees!

Liefde
'n vriendin van vêr

Popular posts from this blog

All about blessings en seëninge

Count your blessings / Tel jou seëninge A word full of emotional value... blessings...  We always have the tendency to think BIG when we hear the word.  As if only big things or events can be counted as blessings.  But this past week, we have been blessed beyond believe.  Why?  Because of our children, of who they are and what they do.  Because of what people see when they look at our children.  Because of what WE see when we look at them:  BLESSINGS.  Gifts from our Heavenly Father, with whom He wanted to bless us... In die afgelope 10 dae, was daar in ons gesin ongelooflike drukte.  Vir vier van die vyf kinders was daar afsprake, kompetisies en deelnames.  Net Jorienke was salig onbewus en onbetrokke by al die geharwar om haar heen.  Vir haar was die speel by maats die hoogtepunte van haar afgelope twee weke... Herno het deelgeneem aan die Skiereiland se Top Skole Skaakkompetisie met 15 skole wat gekwalifiseer...

GLB-Kleuresport

Kleuresport - GLB: 3 Februarie 2012 Uiteindelik het die dag aangebreek...  Die kinders het al vir weke geoefen aan die krete en liedjies.  Die spanne is opgestel en die items verdeel.  In ons eie gesin is die lojaliteite ook verdeel:  Wicus is 'n by in die Geelspan en Xander is 'n panda in die Witspan.  Aan entoesiasme en wedywering het dit nie ontbreek nie, maar alles in 'n gemoedelike stemming... of so het ons gedink! Met die aanbreek van die groot geleentheid, kom ons tog agter hoe die wind waai, of miskien moet ons sê: ontdek ons jakkals se ware kleure!  Die Pandas en die Bye het langs mekaar op die pawiljoene gesit en die een het harder as die ander probeer skree.  Xander het met baie ywer en 'n houding van "ek-weet-hoe" aan alle singery deelgeneem en Wicus het saam met sy maat Tiaan gesorg dat die gr. 6-element duidelik hoorbaar en sigbaar was in die by-span! Albei seuns het lekker deelgeneem aan die atletiek ook.  Xander het na di...