Skip to main content

Xander is ses!


186 dae!  Dis BAIE!

Ongeveer 6 maande gelede het Xander begin vra wanneer dit sy verjaarsdag is.  Ywerige ouboet Wicus het dit heel netjies vir hom gaan uittel...  Oor 186 dae was die antwoord.  Allawêreld wat 'n teleurstelling, dis dan nog so baie!

Maar die tyd vlieg, so sê die spreekwoord.  En so het ons dit ook in 'n mate ervaar, want toe ons ons oë uitvee, was dit so ver.  Xander verjaar en is 6!

Nou is 'n mens natuurlik al baie ervare as jy jou sesde verjaarsdag vier.  Jy weet jy moet eers wakker word,  aantrek en tande borsel voordat jy in die sitkamer kan gaan sit en wag vir die heel belangrikste deel van die dag!  Die gesingery, drukkies-gee-ery en geskenke kry-ery... Ek kan nie onthou dat dit my al ooit oorgekom het nie, maar Xander het sowaar heerlik lê en slaap Donderdagoggend 26 Januarie!  Jorienke het hom maar op die ou end om half 7 gaan wakker maak - hy verjaar mos vandag, mamma?

En so het die dag van 6-word, van sing, kersies blaas, geskenke kry, drukkies uitdeel en geniet begin.  Baie dankie aan almal wat gebel, ge-sms, ge-e-pos het!  Dit was 'n lekker verjaarsdag.

Liefde van Xander en die res van die sewevanderlindens

N.S. toe Xander sy kersies by die skool blaas, sê hy vir juffrou dat hy eers 'n wens wil maak.  Juffrou Anita sê dis goed, sal hy die wens hardop sê?  Geen probleem nie, sy wens was "dat ek tot my volgende verjaarsdag baie gelukkig mag wees"

En op hierdie noot groet ons tot 'n volgende keer!
Baie opgewonde!

Spring sommer op ouboet se skoot
Lekker drukkie van my sussie

Juffrou Anita het die bord en my stoel versier

My kroon en die "koek" met kersies

Nou sing die gr R-maats lekker saam

Gelukwens-tyd in gr R-klas

Regte koek en weer kersies by my partytjie
met al die gr R-klas maats

Maricia het van leë hot chocolate potte en melkdoppies karre gemaak
vir my en my gaste, mamma het daarin 'n suigstokkie, 'n fizzer, 'n tennisbal
en 'n sappie gesit

Ons speel lekker speletjies, soos Dom Jan (Simple Simon says...)
Posted by Picasa

Comments

Popular posts from this blog

All about blessings en seëninge

Count your blessings / Tel jou seëninge A word full of emotional value... blessings...  We always have the tendency to think BIG when we hear the word.  As if only big things or events can be counted as blessings.  But this past week, we have been blessed beyond believe.  Why?  Because of our children, of who they are and what they do.  Because of what people see when they look at our children.  Because of what WE see when we look at them:  BLESSINGS.  Gifts from our Heavenly Father, with whom He wanted to bless us... In die afgelope 10 dae, was daar in ons gesin ongelooflike drukte.  Vir vier van die vyf kinders was daar afsprake, kompetisies en deelnames.  Net Jorienke was salig onbewus en onbetrokke by al die geharwar om haar heen.  Vir haar was die speel by maats die hoogtepunte van haar afgelope twee weke... Herno het deelgeneem aan die Skiereiland se Top Skole Skaakkompetisie met 15 skole wat gekwalifiseer...

Pa van der Linden

Dit was Saterdagaand toe ons berig kry dat Pa opgeneem is in Bayview Privaathospitaal in Mosselbaai na klagtes van borskaspyne. Na 'n angiogram om vas te stel waar die oorsaak lê, was die diagnosis 'n verdikking in 'n hoofslagaar wat gevaarlik is as 'n bloedklont sou losskiet. Buiten hierdie hoofaar moes nog 'n aar vervang word. 'n Hartomleiding dus, met ten minste twee aargedeeltes wat vervang sou word. Sondagaand het die chirurg bevestig dat die operasie Maandagmiddag om 13h00 sou geskied. Sy laaste besoekuur voor die operasie mog tussen 11h00 en 12h00 daardie oggend wees. Ek en Christine het daarom Maandagoggend vroeg uit Bellville vertrek om voor die besoektyd in Mosselbaai aan te kom. Die reis was voorspoedig en Christine se twee dogters het hulle uitstekend gedra. Ons vergeet maar van Lise-Carien se braakepisode; nog nooit het ek Christine so vinnig 'n sakkie sien uitpluk om die maaginhoud op te vang nie. Kwart voor elf was ons by die adres van Christi...

GLB 1977-2017

Oupas en oumas, Graad 7 leerders, oud-leerders en onderwysers, ouers en gaste het gisteraand, Vrydag 18 Augustus, die 40-jarige bestaan van die Gereformeerde Laerskool Bellville gevier. Staaltjies is vertel, annekdotes gedeel, heerlik gelag oor stories van onderwysers, ouers, kinders en hul dinge. Die 1977 foto hieronder het kosbare herinneringe opgeroep. Ek staan op die eerste ry, tweede van links, een van die eerste Sub-A leerders in die skool se openingsjaar. Ek onthou hoe ek die jaar daarvoor saam met my Pa talle Saterdae by die ou huis wat die skoolvereniging gekoop het, deurgebring het en op my manier help “bou” het aan die nuwe skool. As 5-jarige knapie kon ek seker nie baie van hulp gewees het nie. Ek mog darem die sement wat tussen die bakstene uitgepeul het met koerante afvryf voor die mure gepleister is. Vanselfsprekend moes Ma my hande en vingers Saterdagaande met salf behandel soos wat die sement die vel gebars het. In die middae het mammas sop en brood...