Skip to main content

Maricia se scrapbook-projek

Dit alles begin toe ek terugkom van veldskool met die vraag hoe ek al die oulike foto's met elkeen sy eie storie en herinnering, kan byderhand hou sodat ek gereeld daarna kan kyk en ook vir ander dit kan wys.  Hieruit het die idee voortgekom om 'n scrapbook te maak.  Maar dan nie net van die veldskool nie, 'n graad 7-scrapbook met die hoogtepunte van my laaste laerskooljaar daarin opgeteken.  Ek en mamma het 'n baie oulike scrapbook gekoop by die Crazy Store en toe alles wat ons in die hande kon kry aan plakkers, linte, knopies, blommetjies en gekleurde papier bymekaar gesit.  Saam met die agtergrondpapier beskikbaar vir scrapbooking by die Crazy Store het ons genoeg moontlikhede gehad om elke bladsy uniek te maak.  Geen kleurskema is herhaal nie en die kleurkombinasies is het afgehang van wat ons op die bladsy gaan plak en ook deur wat ons beskikbaar gehad het om die bladsy se foto's mee aan te vul. 
Die projek het die eerste 3 weke van die vakansie geneem om te voltooi.  Dis baie moeilik om foto's te neem daarvan, aangesien jy die flits moet gebruik en die flits veroorsaak ligkolle op die bladsye.  Maar sien die foto's maar as lusmakertjie en kom kyk maar self hoe mooi die boek uitgekom het.  'n Baie oulike manier om jou herinneringe bymekaar te sit en dit beskikbaar te hê om sommer enige tyd daarna te kyk.  En ook 'n baie gesellige manier om as ma en dogter om die eetkamertafel te sit en "bond".  Ek het die bladsye een vir een beplan, uitgelê en dan vir mamma gevra om te kyk of dit oulik lyk.
My gunsteling bladsye is maar dié oor die veldskool en my mooiste kleurkombinasie is dié bladsy van die graad 7-kamp waar ek pers en lemmetjiegroen gebruik het.  Geniet die foto's en ons hoop dit stimuleer al jul kreatiewe lesers daar buite om ook so 'n projek aan te pak.  Dis heerlik ontspanne en gee 'n baie lekker gevoel wanneer dit klaar is.

Liefde, Maricia
Hierdie boek is eintlik 'n versameling los sakkies wat deur 'n lint aanmekaar

Bladsy een: ons begin darem by graad 1!


Bladsy twee: gee 'n kort oorsig oor hoogtepunte van my 7 jaar op GLB

Inhoud van die scrapbook se deel oor gr. 7

Atletiekdag, ons wen die geesbeker
Swemgala, ek staan 'n hele paar keer op die nr.2 en 3-plekke


Allerlei hoogtepunte soos oupa se troue , die Eistedfodd en wintersportdag

Aktiwiteite van gr. 7 by GLB: entrepreneursdag, Oupa-en-Ouma-oggend (sien ander blog)
Graad 7 -kamp (sien ook 'n vorige blog)
Gunsteling kleurskema
Graad 7-afskeid
Graad 7-afskeid bladsy 2 (sien ook ander blog)

Veldskoolbladsye - gunstelinge...

Bladsy 2

Bladsy 3
Pizza-aand by die Rose, laaste dag van skool
Posted by Picasa

Comments

Popular posts from this blog

GLB 1977-2017

Oupas en oumas, Graad 7 leerders, oud-leerders en onderwysers, ouers en gaste het gisteraand, Vrydag 18 Augustus, die 40-jarige bestaan van die Gereformeerde Laerskool Bellville gevier. Staaltjies is vertel, annekdotes gedeel, heerlik gelag oor stories van onderwysers, ouers, kinders en hul dinge. Die 1977 foto hieronder het kosbare herinneringe opgeroep. Ek staan op die eerste ry, tweede van links, een van die eerste Sub-A leerders in die skool se openingsjaar. Ek onthou hoe ek die jaar daarvoor saam met my Pa talle Saterdae by die ou huis wat die skoolvereniging gekoop het, deurgebring het en op my manier help “bou” het aan die nuwe skool. As 5-jarige knapie kon ek seker nie baie van hulp gewees het nie. Ek mog darem die sement wat tussen die bakstene uitgepeul het met koerante afvryf voor die mure gepleister is. Vanselfsprekend moes Ma my hande en vingers Saterdagaande met salf behandel soos wat die sement die vel gebars het. In die middae het mammas sop en brood...

'n Verjaarsdag 1000

Hierdie een is spesiaal vir al my vriendinne daar buite: Elke jaar is dit vir almal van ons weer 'n moeite-volle soektog na 'n oulike geskenkie vir ons vriendin(ne) wat verjaar.  Almal weet dat op "ons ouderdom" daar nie veel is wat ons graag aan aardse dinge wil hê nie... die meeste van ons is eerder gereeld besig met 'n vermindering van aardse dinge!  Almal weet ook dat die aandra van 'n geskenkie glad nie noodsaaklik is vir die sukses van 'n verjaarsdagviering nie.  Aan die ander kant, vir almal van ons is dit lekker om te gee, en spesiaal-uitgedinkte geskenkies maak tog 'n mens se dag heel besonder. Hierdie jaar was ek besonder bevoorreg om van die mees oorspronklike, spesiale en verrassende geskenke te ontvang.  Ek ag myself besonder geseënd met sulke vriendinne (van hulle is familie ook nog... :-)), julle sal weet wie julle is!  Jul liefde en vriendskap is al vir my elke dag 'n geskenk waarvoor ek die Here alleen kan en ook wil dank!  Bai...

GLB-Kleuresport

Kleuresport - GLB: 3 Februarie 2012 Uiteindelik het die dag aangebreek...  Die kinders het al vir weke geoefen aan die krete en liedjies.  Die spanne is opgestel en die items verdeel.  In ons eie gesin is die lojaliteite ook verdeel:  Wicus is 'n by in die Geelspan en Xander is 'n panda in die Witspan.  Aan entoesiasme en wedywering het dit nie ontbreek nie, maar alles in 'n gemoedelike stemming... of so het ons gedink! Met die aanbreek van die groot geleentheid, kom ons tog agter hoe die wind waai, of miskien moet ons sê: ontdek ons jakkals se ware kleure!  Die Pandas en die Bye het langs mekaar op die pawiljoene gesit en die een het harder as die ander probeer skree.  Xander het met baie ywer en 'n houding van "ek-weet-hoe" aan alle singery deelgeneem en Wicus het saam met sy maat Tiaan gesorg dat die gr. 6-element duidelik hoorbaar en sigbaar was in die by-span! Albei seuns het lekker deelgeneem aan die atletiek ook.  Xander het na di...