Skip to main content

Karavaan

Einde van 'n era - tot siens Sprite Musketeer!

Met Axact Accounting wat stadig (maar seker...?!) groei, het dit vir ons nodig geword om die karavaan te verkoop.  Herman het die ou staatmaker Gumtree ingespan om die karavaan te adverteer.  Geen reaksie in die eerste 3 weke wat die advertensie geldig was nie.  Net toe ons begin dink het ons sal die advertensie moet hernu (en miskien die prys moet aanpas...), kry ons 'n oproep van 'n moontlike koper.  En dit het toe die koper geword - maar met 'n hele storie daaraan verbonde.  Hy werk vir 'n advertensie -maatskappy en hulle was op soek na 2 identiese karavane.  En ons s'n was dan een helfte van die tweeling.  Maar die base moes seker weet dat daar 'n ander helfte sal wees om by ons s'n te pas.  Dit het 'n week geduur, maar hulle soektog was suksesvol.  En toe kom die aap uit die mou:  hulle gaan die karavane gebruik om 'n advertensie te skiet.  En een van die twee karavane gaan gebruik word vir die "outside" tonele en die ander een vir die "inside".  Waarskynlik sal ons karavaan vir die binne-tonele gebruik word, aangesien die kopers baie beïndruk was met die goeie toestand van die karavaan binne.  Dit beteken egter wel... dat die karavaan "opgesny" gaan word sodat die groot kameras ens. buite die karvaan beweeg kan word soos wat die aksie binne-in afspeel.  WOW.  Dit is nogals 'n hartseer gedagte!!

Ons het hierdie karavaan nie lank gehad nie, maar dit was die "stappie op" van ons ou karavaantjie waarmee ons in November 2003 begin het!  Ons het vooruit geboer.  En ons het lekker gekamp!  En nou is dit die einde van daardie era.  Ons weet nie wanneer ons weer 'n karavaan sal kan koop nie, ons weet nie eens of ons dan nog wel een wil hê nie...?!  Maar dit was swaar om te sien hoe haak hulle "ons" karavaan aan iemand anders se voertuig en ry daarmee die straat uit.  En dit is ook hartseer om tuis te kom en die plekkie langs die huis is so opsigtelik leeg!

Maar ons het ons herinneringe en ons foto's.  En dit kan ons elke keer oopmaak en weer geniet.  Intussen gaan ons in elk geval nie binnekort met vakansie nie - die skoolkwartaal is 'n hele 11 en 'n half weke lank!

Sewevanderlindens groet met 'n knop so groot soos 'n Musketeer in die keel...




Plekkie is nou leeg, seuns moet dit maar 'n krieketblad maak...

"ons bed"

Posted by Picasa

Comments

Popular posts from this blog

All about blessings en seëninge

Count your blessings / Tel jou seëninge A word full of emotional value... blessings...  We always have the tendency to think BIG when we hear the word.  As if only big things or events can be counted as blessings.  But this past week, we have been blessed beyond believe.  Why?  Because of our children, of who they are and what they do.  Because of what people see when they look at our children.  Because of what WE see when we look at them:  BLESSINGS.  Gifts from our Heavenly Father, with whom He wanted to bless us... In die afgelope 10 dae, was daar in ons gesin ongelooflike drukte.  Vir vier van die vyf kinders was daar afsprake, kompetisies en deelnames.  Net Jorienke was salig onbewus en onbetrokke by al die geharwar om haar heen.  Vir haar was die speel by maats die hoogtepunte van haar afgelope twee weke... Herno het deelgeneem aan die Skiereiland se Top Skole Skaakkompetisie met 15 skole wat gekwalifiseer...

Pa van der Linden

Dit was Saterdagaand toe ons berig kry dat Pa opgeneem is in Bayview Privaathospitaal in Mosselbaai na klagtes van borskaspyne. Na 'n angiogram om vas te stel waar die oorsaak lê, was die diagnosis 'n verdikking in 'n hoofslagaar wat gevaarlik is as 'n bloedklont sou losskiet. Buiten hierdie hoofaar moes nog 'n aar vervang word. 'n Hartomleiding dus, met ten minste twee aargedeeltes wat vervang sou word. Sondagaand het die chirurg bevestig dat die operasie Maandagmiddag om 13h00 sou geskied. Sy laaste besoekuur voor die operasie mog tussen 11h00 en 12h00 daardie oggend wees. Ek en Christine het daarom Maandagoggend vroeg uit Bellville vertrek om voor die besoektyd in Mosselbaai aan te kom. Die reis was voorspoedig en Christine se twee dogters het hulle uitstekend gedra. Ons vergeet maar van Lise-Carien se braakepisode; nog nooit het ek Christine so vinnig 'n sakkie sien uitpluk om die maaginhoud op te vang nie. Kwart voor elf was ons by die adres van Christi...

GLB 1977-2017

Oupas en oumas, Graad 7 leerders, oud-leerders en onderwysers, ouers en gaste het gisteraand, Vrydag 18 Augustus, die 40-jarige bestaan van die Gereformeerde Laerskool Bellville gevier. Staaltjies is vertel, annekdotes gedeel, heerlik gelag oor stories van onderwysers, ouers, kinders en hul dinge. Die 1977 foto hieronder het kosbare herinneringe opgeroep. Ek staan op die eerste ry, tweede van links, een van die eerste Sub-A leerders in die skool se openingsjaar. Ek onthou hoe ek die jaar daarvoor saam met my Pa talle Saterdae by die ou huis wat die skoolvereniging gekoop het, deurgebring het en op my manier help “bou” het aan die nuwe skool. As 5-jarige knapie kon ek seker nie baie van hulp gewees het nie. Ek mog darem die sement wat tussen die bakstene uitgepeul het met koerante afvryf voor die mure gepleister is. Vanselfsprekend moes Ma my hande en vingers Saterdagaande met salf behandel soos wat die sement die vel gebars het. In die middae het mammas sop en brood...