Lank, lank gelede het 10 gesinne by Mountain Breeze in Stellenbosch gaan kamp...
Dit was 'n geleentheid wat gou bekend gestaan het as die graad 1-kamp. Die 10 gesinne was dié van wie die oudste kinders (wel in 7 van die 10 gesinne, by die ander 3 was dit 2 tweedes en 1 derde kind) in 2005 met hul graad 1-jaar sou begin. Die kamp is gereël deur 'n paar "nuwe" mammas wat graag 'n bietjie ondersteuning en raad by die meer (?!) ervare mammas wou kry en tegelykertyd die kinders se skoolloopbaan op 'n hoogtepunt wou laat begin. Dit was so 'n groot sukses dat, amper sewe jaar later, die mammas besluit het dis weer tyd vir 'n kamp, hierdie keer 'n graad 7-kamp.
Weereens het 10 gesinne kopgekrap om die dagboeke te laat klop en die begrotings te laat werk. Maar uiteindelik kon ons op 11 November (ja, 11-11-11) die N1 aandurf na De Doorns, vandaar die R318 in die rigting van Montagu en dan weer regs afdraai na Protea plaas. Hier het ons die dormitory gehuur vir die nag, slaapplek vir 46 mense. Met 'n bietjie van 'n gestoei met die getalle (wat van 2005 se 47 gegroei het tot 55 in 2011), 'n paar pappas wat deur die kerkraad Pretoria toe gestuur is of moes werk, 'n paar oudstes wat moes leer vir matriek-eksamen, het ons ons getalle tot minder as 46 gekry.
En wat het ons gedoen? Wel, gebraai (terwyl die winterweer dreigend nader gekom het), gekuier, gesing vir Ingrid wat verjaar het, roomys geëet (terwyl die temperature buite tot minder as 10 grade gesak het), gelag, vuurgemaak, gestap, in die dam geswem of geroei, gesels, weer geëet ('n lekker brunch) en sommer net in ons kampstoele rondgehang. Het ons geslaap? Wel, ek dink nie dis 'n vraag wat ek namens ander kan antwoord nie, kom ons hou dit by "ons het probeer".
Die kort en die lank van die kampstorie - ons kyk in dankbaarheid terug na die mooi jare wat ons kinders saam op GLB was, ons sien met vreugde hoe ons kinders , ondanks ons eie foute, onder die seën van die Here gefloreer het en ons kan nie wag om te sien wat hulle ervaring volgende jaar op hoërskool gaan wees nie.
Van die oorspronklike graad 1-kamp, het Hanno intussen saam met sy ouers Pretoria toe verhuis. Henriëtte het na die graad 1-kamp by ons aangesluit. Die getal is dus weer 10. Van die 10 gaan Carla na Stellenberg Hoërskool, maar die ander 9 gaan Bellville Hoërskool toe. Hulle paaie skei dus nie regtig nie. Maar nooit weer sal hulle so 'n hegte groep soos nou wees nie.
Ons kinders het nog die graad 7-afskeid (22-11) en die veldskool in die Sederberge (28-11 tot 2-12) as hoogtepunte voor hulle. En daarna is die eerste fase van skoolgaan afgesluit. Maar ons het nou weer tydens die kamp besef: ons is nie alleen nie, ons het 'n wonderlike, troue, magtige Vader in die hemel. Hy hou ons almal vas en seën ons bo verwagting en verdienste. En hieraan kan ons almal vashou - die "nuwe" mammas het ervare geword by GLB, maar voel nou weer nuut by die hoërskool. Die kinders het senior geraak by GLB, maar sal binnekort weer op die onderste tree van die leer moet staan. Maar by al hierdie veranderlikes, staan onse God vas soos 'n rots, Hy het belowe en Hy verander nooit nie!
En alhoewel hierdie blog hoofsaaklik bedoel was om oor die graad 7-kamp te skryf, neem ons hierdie les as gesin ook ter harte. En daarom kan ek sê: Sewevanderlindens groet met nuwe moed...

Protea plaas se eienaars vul hul inkomste aan deur 'n verskeidenheid van huisvesting op die plaas te verhuur. |
Anneke, Julia en Jorienke - geen van hulle was in 2005 by die eerste kamp nie, maar dit het definitief nie hulle pret by hierdie kamp bederf nie! |
Oom Martin se Volvo het verander na Vol-vo, Boot-kamp of Vol-by-Volvo as die opdraende dam toe te veel was |
Soms het ons egter wel die opdraende met dapper en stapper aangedurf: vlnr Elsbeth, Jorienke, Lianne, Rianne, Martin en Julia |
Die eienaars het 'n vrugtemandjie vir ons reggesit - vrugte uit eie boorde. Jorienke het haar nie twee keer laat nooi nie. |
Comments