As ons 'n blog wil byhou wat hoofsaaklik gaan handel oor die wel en wee van die sewe Van der Lindens in die Kaap, is dit gepas dat ons begin by 'n foto ons vyf kinders bymekaar.
Hierdie foto is verlede jaar September geneem by Bouldersstrand in Simonstad. Die wêreldbekende pikkewynkolonie van die Kaap is hier gevestig. As 'n mens nog net pikkewyne in 'n dieretuin gesien het, is dit verfrissend om hulle in lewende lywe op die strand en rotse dop te hou.
Dit was die moeite werd om hierdie juweel in die Skiereiland te besoek as deel van ons daguitstapie al langs die kusstrook van Muizenberg tot die Waterfront in Kaapstad.

Comments