Skip to main content

Veldskool

Kleinmond... hier kom ons!

Dit is sekerlik wat die 22 jongmense geskree het toe hulle Saterdag 24 November by die skool wegry.  Veldskool in Kleinmond, dit was die hoogtepunt waarna die graad 6 en 7's van GLB uitgesien het.  En uiteindelik was die eksamen verby en kon die veldskool maar begin.

Veldskool, soos die woord sê, is skoolgaan in die veld.  In Kleinmond en omgewing beteken dit dat die fynbos en die getypoele bestudeer word.  Fynbos is baie uniek hier in die Wes-Kaap en oom Sjirk Geerts het baie om hieroor te vertel.  Deel hiervan is die raaksien van klein diertjies en insekte wat die fynbos hul habitat noem.

Getypoele is weer die fauna en flora van die see.  Die leerders het in totaal 119 spesies raakgeloop en geïdentifiseer.  Hulle het meneer Erik goed besig gehou!

Maar skool-skool het darem ook tyd vir pret en plesier. daarom is dit ook so op veld-skool:  sandkasteel-bou-kompetisie, latern-bekruip, rangers and poachers, en sommer net balspele op die strand, in die rivier swem en van buite-wees geniet.

Ek dink ek praat nie net namens ons graad 6'ie - Wicus - nie, maar namens die hele groep van 22 leerders:  dit was was 'n heerlike, leersame klomp dae!!

Baie dankie aan almal wat hierdie avontuur moontlik gemaak het - en nie te vergete die 22 jongmense wat dit vir mekaar so lekker gemaak het.  DV Volgende jaar loop die veldskool-paadjie Sederberge toe vir 'n nuwe en andersoortige avontuur!

Hou die blog dop vir foto's en storie van Xander se konsert.

Intussen, groete van huis tot huis.

Wicus verduidelik hoe hy dink die sandkasteel moet lyk

Azola, Wicus en Marius met hul meesterstuk

Mnr. Erik besig om die kids te leer oor fynbos



Die groep...

Speel op die strand, baie lekkerder as by die skool

Getypoele

Wicus, met clip board, aan die studeer

Comments

Popular posts from this blog

All about blessings en seëninge

Count your blessings / Tel jou seëninge A word full of emotional value... blessings...  We always have the tendency to think BIG when we hear the word.  As if only big things or events can be counted as blessings.  But this past week, we have been blessed beyond believe.  Why?  Because of our children, of who they are and what they do.  Because of what people see when they look at our children.  Because of what WE see when we look at them:  BLESSINGS.  Gifts from our Heavenly Father, with whom He wanted to bless us... In die afgelope 10 dae, was daar in ons gesin ongelooflike drukte.  Vir vier van die vyf kinders was daar afsprake, kompetisies en deelnames.  Net Jorienke was salig onbewus en onbetrokke by al die geharwar om haar heen.  Vir haar was die speel by maats die hoogtepunte van haar afgelope twee weke... Herno het deelgeneem aan die Skiereiland se Top Skole Skaakkompetisie met 15 skole wat gekwalifiseer...

Pa van der Linden

Dit was Saterdagaand toe ons berig kry dat Pa opgeneem is in Bayview Privaathospitaal in Mosselbaai na klagtes van borskaspyne. Na 'n angiogram om vas te stel waar die oorsaak lê, was die diagnosis 'n verdikking in 'n hoofslagaar wat gevaarlik is as 'n bloedklont sou losskiet. Buiten hierdie hoofaar moes nog 'n aar vervang word. 'n Hartomleiding dus, met ten minste twee aargedeeltes wat vervang sou word. Sondagaand het die chirurg bevestig dat die operasie Maandagmiddag om 13h00 sou geskied. Sy laaste besoekuur voor die operasie mog tussen 11h00 en 12h00 daardie oggend wees. Ek en Christine het daarom Maandagoggend vroeg uit Bellville vertrek om voor die besoektyd in Mosselbaai aan te kom. Die reis was voorspoedig en Christine se twee dogters het hulle uitstekend gedra. Ons vergeet maar van Lise-Carien se braakepisode; nog nooit het ek Christine so vinnig 'n sakkie sien uitpluk om die maaginhoud op te vang nie. Kwart voor elf was ons by die adres van Christi...

GLB 1977-2017

Oupas en oumas, Graad 7 leerders, oud-leerders en onderwysers, ouers en gaste het gisteraand, Vrydag 18 Augustus, die 40-jarige bestaan van die Gereformeerde Laerskool Bellville gevier. Staaltjies is vertel, annekdotes gedeel, heerlik gelag oor stories van onderwysers, ouers, kinders en hul dinge. Die 1977 foto hieronder het kosbare herinneringe opgeroep. Ek staan op die eerste ry, tweede van links, een van die eerste Sub-A leerders in die skool se openingsjaar. Ek onthou hoe ek die jaar daarvoor saam met my Pa talle Saterdae by die ou huis wat die skoolvereniging gekoop het, deurgebring het en op my manier help “bou” het aan die nuwe skool. As 5-jarige knapie kon ek seker nie baie van hulp gewees het nie. Ek mog darem die sement wat tussen die bakstene uitgepeul het met koerante afvryf voor die mure gepleister is. Vanselfsprekend moes Ma my hande en vingers Saterdagaande met salf behandel soos wat die sement die vel gebars het. In die middae het mammas sop en brood...