Skip to main content

Piekniek vir Herman...

 
 
11 Oktober 2012

 
Nog 'n jaar gespaar.  Wat 'n rede vir dankbaarheid!  Maar dit was nie 'n maklike jaar nie.  Om 'n besigheid op te bou van niks af, om 'n vrou en 5 kinders gelukkig en tevrede te hou, om in die kerkraad en gemeente jou plek vol te staan... Nee wat, dit sit nie in enige man se broek nie.  Letterlik of figuurlik!
 
Herman, baie dankie vir alles die afgelope jaar.  Ek en ons kinders is dankbaar vir, bly met en trots op jou!  En ons wens jou 'n baie voorspoedige, seënryke nuwe lewensjaar toe; mag ons as gesin saam geniet, saam groei en saam 'n hegte eenheid wees.
 
Wel, die jaar wat verby is, was so 'n bietjie 'n voorteken van die dag self:  besig, besig, besig.  Maricia se koor het hul gala-aand gehad, nogals 'n direkte radio-uitsending op ons nasionale Afrikaanse radiostasie RSG om albei se 75ste verjaarsdag te vier.  Dit was ook die aand vir gemeentevergadering by die kerk.  Veel kans om verjaarsdag te vier was daar dus nie tussen skool, atletiekoefeninge, werk, koor en gemeentevergadering nie.  En daarom het ons die piekniek gereël!
 
Heerlik beskut teen die wind, kon ons Saterdag geniet van pragtige sonskyn, koue seewater en speletjies op die sand.  Nico en Christine met Lise-Carien en Anke was deel van die geselligheid.  En dit was gesellig!!
 
Genoeg gepraat.  Ek weet vir die meeste van julle is die foto's die mooiste of belangrikste deel van die post, dus...
 
 
Maricia speel fotograaf... Mooi foto van niggies en nefie

Voordeel van digitale fotografie, jou 14-jarige
dogter kan allerhande goed uitprobeer.
Oulike foto van Xander, Maricia!

Ons jongste, ons prinsessie, binnekort
alweer 5 jaar oud!!

Christine het haar goed gekwyt van haar beurt as
fotograaf, swart-wit was per ongeluk, maar wel besonder!

Hierdie jong hond - nie klein nie, jong! - het die middag
by die see geniet en kon die versoeking nie
weerstaan om saam te speel toe hy ons almal
op die strand sien lê nie!

Herman se bril het gewaai, hy het 'n aantal entoesiastiese
honde-soene in sy gesig gekry, en sy gesin het net
toegekyk en gelag.  Nou ja, die hond wou net geluksê!

Na die opwinding van die hond, 'n laaste foto - weet nie
wat Xander besig is om te doen nie.  Gaap?  Ek dink
hy gesels (alweer / nog steeds)!

Comments

Anonymous said…
Hartlik geluk met jou verjaarsdag Herman! Ons het nie vergeet nie, maar het nog net nie gereageer nie. Die foto's is pragtig Maricia! Dis oomblikke wat homself net eenkeer voordoen. Hierdie spesifieke dag sal jul nooit weer beleef nie! Koester die herinneringe en foto's is een manier soos jul wel weet. Ons is saam met jul bly dat Herman nog 'n jaar gespaar is en dat julle so 'n heerlike piekniek kon beleef. Julle is 'n baie spesiale gesin.
Liefde
Die Breytenbachs

Popular posts from this blog

GLB 1977-2017

Oupas en oumas, Graad 7 leerders, oud-leerders en onderwysers, ouers en gaste het gisteraand, Vrydag 18 Augustus, die 40-jarige bestaan van die Gereformeerde Laerskool Bellville gevier. Staaltjies is vertel, annekdotes gedeel, heerlik gelag oor stories van onderwysers, ouers, kinders en hul dinge. Die 1977 foto hieronder het kosbare herinneringe opgeroep. Ek staan op die eerste ry, tweede van links, een van die eerste Sub-A leerders in die skool se openingsjaar. Ek onthou hoe ek die jaar daarvoor saam met my Pa talle Saterdae by die ou huis wat die skoolvereniging gekoop het, deurgebring het en op my manier help “bou” het aan die nuwe skool. As 5-jarige knapie kon ek seker nie baie van hulp gewees het nie. Ek mog darem die sement wat tussen die bakstene uitgepeul het met koerante afvryf voor die mure gepleister is. Vanselfsprekend moes Ma my hande en vingers Saterdagaande met salf behandel soos wat die sement die vel gebars het. In die middae het mammas sop en brood...

Iets van alles

  Die jaar is alweer 7 weke oud... en baie het gebeur!     Om alles in een blog te probeer druk, sal wees soos om 'n gekondenseerde versie van Ps 119 in een vers te druk! Ek hou dit maar bietjie by die hoogte (en laagte-) punte...   Aan die einde van 2012 het ons nog Wicus se verjaarsdag gevier (dis nou mooi aansluiting by die laaste blog...).  Hy verjaar in die middel van die Desembervakansie - meestal beteken dit vir ons in die middel van ons kamp-vakansie.  Maar hierdie jaar was kamp buite die kwessie (bietjie moeilik as jy jou karavaan verkoop het en geen tent het nie...).  Om dit vir Wicus tog lekker te maak, het hy twee van sy beste maats (wat gelukkig nog nie of nie meer met vakansie was nie) genooi vir 'n film en 'n strand-piekniek.  Die film was 'n treffer, ons het dit almal geniet.  Die wind het erg gewaai hier in Bellville, maar op ons ou bekende plekkie by die Blue Peter hotel, sit ons uit die wind.  Die kin...

Konsert-tyd

Karalie Karool 2012   Gister was 'n besonderse dag.  Gistermiddag het ons oumagrootjie begrawe.  Dit was die laaste ding wat ons nog vir haar kon doen, alhoewel dit haar waarskynlik onaangeraak gelaat het - sy is TUIS.  Sy is gelukkig.  Sy is veilig.   Na die begrafnis en 'n baie mooi, roerende diens, het ons net vir 'n oomblik of wat huis toe gegaan - eintlik net lank genoeg dat ons aktrise (lees drama queen) haar kostuum kon aantrek.  Vir die eerste deel van die speelgroepie-konsert was sy die koei, daarna het sy gou van die verhoog af geglip en 'n gedaanteverwisseling ondergaan  (geheimpie, sien later...)   Oumagrootjie was vir jare deel van ons lewe as gesin - sy het 6 jaar in die woonstel agter op die erf gewoon.  En in daardie 6 jaar het sy heelwat meegemaak wat Karalie Karool Speelskool betref - ook heelwat konserte!  Daarom voel dit half gepas (al klink dit dalk vreemd) dat ons nou ook ons laaste Karalie Ka...