'n Daggie uit...
Dis Oktober en die skole het 'n week vakansie. Die weervoorspelling ~ akkuraat met dank aan yr.no ~ lyk nie so goed nie en dit het ons geforseer om te beplan! Dinsdag 2 Oktober het soos die lekkerste dag gelyk om bietjie uit te kom.
Eers was Groenpunt Park ~ ook Urbanpark genoem ~ aan die beurt. Die park bied verskeie soorte klimrame en ander speelapparaat, selfs 'n deel met allerhande oefenapparate. Die kinders het dit baie geniet, veral die ongewone / nuwe speelgoed. Ons was ongeveer vir twee ure soet daar, toe begin dit erg besig raak rondom half een en ons besluit om die tweede stop vir die dag te maak: getypoel by Kampsbaai.
Ons is baie bevoorreg om binne 40km van ons huis af, na byna enige windrigting, gratis vermaak in die vorm van strande, parke en staproetes te hê. Die getypoel by Kampsbaai is 'n entjie verder as die hoofstrand van Kampsbaai, maar steeds in die nabye omgewing. Dis 'n pragtige groot poel wat nie te diep is nie, maar diep genoeg vir die groot kinders om dit te kan geniet. Ek laat julle met 'n paar aksie-foto's en een of twee net vir die mooi.
Toe ons vanoggend buite loop met 'n langmou hemp en denimbroek, was dit koud. Ongelooflik om te dink gister moes ons sonbrandolie smeer om nie te brand nie!
Geniet dit, tot 'n volgende keer.

Brigine ~ Maricia se maat ~ was saam, sy het haar oor Jorienke ontferm |
Maricia en Xander in die getypoel met die branders op die agtergrond, dit was besig om hoogwater te raak. |
Xander wil sy swemvaardighede wys... Begin... |
....swem vir die vale met kop onder die water.... |
...klaar... in die vlakker deel waar hy kan staan. |
Hy spring ook sonder vrees van die rotse af. |
Aksie! |
Jorienke kan ook! |
Maricia sal haar sussie vang... |
Mission complete! |
Comments