Skip to main content

Vier vier

Hoe vier 'n mens vier?




Ag wat, dis baie maklik - 'n mens word Sondagoggend wakker.  Mamma help jou om mooi kerkklere aan te trek.  Jy storm by mamma en pappa se slaapkamer in en roep kliphard in pappa se oor: Pappa ek verjaar, jy moet opstaan!"  Dan gaan jy sitkamer toe en wag totdat die hele gesin aanwesig is.  En dan.... dan begin jy vier!  Almal sing, almal gee drukkies en soentjies en... geskenke!  Dit kan jy dan oopmaak, bewonder en omdat jy vier word (is) kan jy vir die volgende geskenkie vra!

Daarna gaan 'n mens kerk toe en omdat jou naam in die "Voorportaal" (weekblad) van die kerk staan, word jy by die kerk ook gedruk en gesoen (minder lekker!?!) en kan jy ook nog 'n geskenkie losslaan (baie lekker!!).  Daarna gaan jy huis toe, die familie volg almal gedwee en dan begin die storie weer van voor af.  Weer soene en drukkies (sug!) maar darem ook geskenke!  En dan?  Dan gaan speel 'n mens so
tussen die koek-eet deur.  En 'n mens swem met jou nuwe
bikini en trek jou pop se nuwe popklere aan.

Dan ry die familie en jy wil net begin hartseer raak omdat daar nou niemand meer is om mee te speel nie, dan kom daar nog familie kuier.  En as hulle klaar koek geëet het en gespeel het, is hulle ook weer weg en jy begin net wonder met wie op aarde kan jy nou speel?  En dan kom jou buurdogtertjie ook nog gou drukkies, soentjies en geskenkies aflaai!  En dan speel 'n mens vir die derde keer hierdie dag lekker met jou nuwe geskenke.

En as jy jou oë uitvee, ry pappa en die oudstes kerk toe vir die aanddiens, mamma roep jou om te kom bad en dan is 'n mens se verjaarsdag sommer verby!

En dit is hoe 'n mens jou vierde verjaarsdag vier.
Jorienke van der Linden, met nuutgevonde vier-jaar-wysheid, groet pootuit!






  

Comments

Anonymous said…
Nog baie geluk Jorienke! Dit klink asof jy 'n heerlike dag gehad het, met al die soentjies, drukkies en presente! Nou is jy werklik vier!
Groete van die Meijerings

Popular posts from this blog

All about blessings en seëninge

Count your blessings / Tel jou seëninge A word full of emotional value... blessings...  We always have the tendency to think BIG when we hear the word.  As if only big things or events can be counted as blessings.  But this past week, we have been blessed beyond believe.  Why?  Because of our children, of who they are and what they do.  Because of what people see when they look at our children.  Because of what WE see when we look at them:  BLESSINGS.  Gifts from our Heavenly Father, with whom He wanted to bless us... In die afgelope 10 dae, was daar in ons gesin ongelooflike drukte.  Vir vier van die vyf kinders was daar afsprake, kompetisies en deelnames.  Net Jorienke was salig onbewus en onbetrokke by al die geharwar om haar heen.  Vir haar was die speel by maats die hoogtepunte van haar afgelope twee weke... Herno het deelgeneem aan die Skiereiland se Top Skole Skaakkompetisie met 15 skole wat gekwalifiseer...

Pa van der Linden

Dit was Saterdagaand toe ons berig kry dat Pa opgeneem is in Bayview Privaathospitaal in Mosselbaai na klagtes van borskaspyne. Na 'n angiogram om vas te stel waar die oorsaak lê, was die diagnosis 'n verdikking in 'n hoofslagaar wat gevaarlik is as 'n bloedklont sou losskiet. Buiten hierdie hoofaar moes nog 'n aar vervang word. 'n Hartomleiding dus, met ten minste twee aargedeeltes wat vervang sou word. Sondagaand het die chirurg bevestig dat die operasie Maandagmiddag om 13h00 sou geskied. Sy laaste besoekuur voor die operasie mog tussen 11h00 en 12h00 daardie oggend wees. Ek en Christine het daarom Maandagoggend vroeg uit Bellville vertrek om voor die besoektyd in Mosselbaai aan te kom. Die reis was voorspoedig en Christine se twee dogters het hulle uitstekend gedra. Ons vergeet maar van Lise-Carien se braakepisode; nog nooit het ek Christine so vinnig 'n sakkie sien uitpluk om die maaginhoud op te vang nie. Kwart voor elf was ons by die adres van Christi...

GLB 1977-2017

Oupas en oumas, Graad 7 leerders, oud-leerders en onderwysers, ouers en gaste het gisteraand, Vrydag 18 Augustus, die 40-jarige bestaan van die Gereformeerde Laerskool Bellville gevier. Staaltjies is vertel, annekdotes gedeel, heerlik gelag oor stories van onderwysers, ouers, kinders en hul dinge. Die 1977 foto hieronder het kosbare herinneringe opgeroep. Ek staan op die eerste ry, tweede van links, een van die eerste Sub-A leerders in die skool se openingsjaar. Ek onthou hoe ek die jaar daarvoor saam met my Pa talle Saterdae by die ou huis wat die skoolvereniging gekoop het, deurgebring het en op my manier help “bou” het aan die nuwe skool. As 5-jarige knapie kon ek seker nie baie van hulp gewees het nie. Ek mog darem die sement wat tussen die bakstene uitgepeul het met koerante afvryf voor die mure gepleister is. Vanselfsprekend moes Ma my hande en vingers Saterdagaande met salf behandel soos wat die sement die vel gebars het. In die middae het mammas sop en brood...