Skip to main content

Plaas toe!

En so breek die langverwagte naweek aan... plaas toe! Hierdie naweek is reeds in Maart afgespreek, maar met Herman se Axact Accounting in ons lewens, het hierdie naweek-wegbreek 'n werk-wegbreek ook geword. Herman het saam met Pa mense gaan sien in verband met die begin van eie besigheid en die geleentheid gebruik om sy netwerk van kontakte te versterk. Immers, vandag gaan dit in die eerste plek oor wie jy ken, en daarna oor wat jy kan...



Wat 'n wonderlike gesig het ons begroet toe dit Saterdagoggend begin lig word en die berge rondom Ladismith lê wit van die sneeu! Natuurlik,  ons was teen half 10 net mooi veilig op die plaas (na ongeveer vier ure se ry, sonder dat die VW te warm geword het... dit was te vr.. koud daarbuite vir die enjin om warm te word), toe word pa en oupa oortuig dat die Landrover die ding sal doen: sneeu kyk in die Swartberg-pas!






Reg vir aksie? Koes maar, dis Maricia wat gooi en sy is dodelik akkuraat!







Sneeu? Wow! Dis wonderlik, sê Xander















Sien, ek sê mos! Koes!










Sneeuman mog op die voorkap van die Landrover saamry plaas toe, maar het dit ongelukkig nie in een stuk huis toe gemaak nie...






En met die terugkomslag van die sneeu-avontuur, wag die wonderlikste sonsondergang. Ons is baie bevoorreg om deel te mog wees van soveel natuurskoon, op een plek en in een naweek.





                                      Uitsig op Swartberge vanaf Eldorado

En asof dit nie genoeg was om in die sneeu te speel en kort daarna in die son te kon sit en braaivleis hou nie, mog ons ook deel aan die wonder van nuwe lewe op die plaas. Drie klein lammertjies is gebore die nag van Sondag na Maandag. En terwyl pappa en oupa na Knysna toe ry vir besigheid, het die kinders hul verstom aan die werking van die skaapplaas - skape moes gebrandmerk word, stertjies moes afgesny word en, vir die skape die lekkerste..., skape moes gevoer word.


Hierdie lammertjie is 'n week oud en was bietjie te wild vir Jorienke om alleen vas te hou, ousus moes help.












Dit het Xander nie gepla dat die lammertjie liewer uit sy arms wou spring nie, hy het geklou (en gedruk...)



Is dit nie 'n wonderlike sonskyndag nie? As jy die kameralens egter so 'n bietjie na links sou draai, sou jy die dik sneeu op die berge sien! Ongelooflik.

Hierdie is een van die drie lammertjies wat gebore is toe ons op die plaas gekuier het, hier was hy letterlik 'n dag oud. Werklikwaar 'n wonder, hulle word gebore en staan minder as 24 uur later op eie bene!

Tussen alles deur het ons genoeg tyd gehad om heerlik fiets te ry. Aan die einde van ons kuier op die plaas was beide fietse se wiele pap. Nou ja, dit gee oupa iets te doen voor die kleinkinders weer kom kuier!



Sewevanderlindens groet op hierdie hoë noot.



Comments

Popular posts from this blog

All about blessings en seëninge

Count your blessings / Tel jou seëninge A word full of emotional value... blessings...  We always have the tendency to think BIG when we hear the word.  As if only big things or events can be counted as blessings.  But this past week, we have been blessed beyond believe.  Why?  Because of our children, of who they are and what they do.  Because of what people see when they look at our children.  Because of what WE see when we look at them:  BLESSINGS.  Gifts from our Heavenly Father, with whom He wanted to bless us... In die afgelope 10 dae, was daar in ons gesin ongelooflike drukte.  Vir vier van die vyf kinders was daar afsprake, kompetisies en deelnames.  Net Jorienke was salig onbewus en onbetrokke by al die geharwar om haar heen.  Vir haar was die speel by maats die hoogtepunte van haar afgelope twee weke... Herno het deelgeneem aan die Skiereiland se Top Skole Skaakkompetisie met 15 skole wat gekwalifiseer...

'n Verjaarsdag 1000

Hierdie een is spesiaal vir al my vriendinne daar buite: Elke jaar is dit vir almal van ons weer 'n moeite-volle soektog na 'n oulike geskenkie vir ons vriendin(ne) wat verjaar.  Almal weet dat op "ons ouderdom" daar nie veel is wat ons graag aan aardse dinge wil hê nie... die meeste van ons is eerder gereeld besig met 'n vermindering van aardse dinge!  Almal weet ook dat die aandra van 'n geskenkie glad nie noodsaaklik is vir die sukses van 'n verjaarsdagviering nie.  Aan die ander kant, vir almal van ons is dit lekker om te gee, en spesiaal-uitgedinkte geskenkies maak tog 'n mens se dag heel besonder. Hierdie jaar was ek besonder bevoorreg om van die mees oorspronklike, spesiale en verrassende geskenke te ontvang.  Ek ag myself besonder geseënd met sulke vriendinne (van hulle is familie ook nog... :-)), julle sal weet wie julle is!  Jul liefde en vriendskap is al vir my elke dag 'n geskenk waarvoor ek die Here alleen kan en ook wil dank!  Bai...

GLB-Kleuresport

Kleuresport - GLB: 3 Februarie 2012 Uiteindelik het die dag aangebreek...  Die kinders het al vir weke geoefen aan die krete en liedjies.  Die spanne is opgestel en die items verdeel.  In ons eie gesin is die lojaliteite ook verdeel:  Wicus is 'n by in die Geelspan en Xander is 'n panda in die Witspan.  Aan entoesiasme en wedywering het dit nie ontbreek nie, maar alles in 'n gemoedelike stemming... of so het ons gedink! Met die aanbreek van die groot geleentheid, kom ons tog agter hoe die wind waai, of miskien moet ons sê: ontdek ons jakkals se ware kleure!  Die Pandas en die Bye het langs mekaar op die pawiljoene gesit en die een het harder as die ander probeer skree.  Xander het met baie ywer en 'n houding van "ek-weet-hoe" aan alle singery deelgeneem en Wicus het saam met sy maat Tiaan gesorg dat die gr. 6-element duidelik hoorbaar en sigbaar was in die by-span! Albei seuns het lekker deelgeneem aan die atletiek ook.  Xander het na di...