Skip to main content

Entrepreneursdag 2012

 
 
 
 
GLB se jaarlikse entrepreneursdag...
 
Alhoewel Wicus die een is in graad 6 en deel van die entrepreneurspan, was Xander en Jorienke die twee van die gesin in die kollig (of moet ek sê in die lens van tannie Elize se kamera?). 
 
Daar was heelwat te doen: ballon trap, veerpyltjies gooi, koek eet, kuier, windhokkie ens.  Al hierdie aktiwiteite is deur graad 6 en 7 leerders uitgedink en aangebied.  Hulle het hiermee 'n pragtige bedrag van net so bietjie meer as R2 000 ingesamel vir hul veldskool einde van November 2012. 
 
Die entrepreneursdag word elke jaar gehou en deur die graad 6 en 7's aangebied.  Dit is deel van hulle EBW (ekonomiese en bestuurswetenskap-leerplan) en vorm deel van hulle punt op die September-rapport.  Leerders in graad 6 en 7 leer van begroting, wins, verlies, vraag-en-aanbod.  En die ander leerdertjies van GLB?  Hulle leer hoeveel jy kan doen met R10... of nie?!?
 
Ter afsluiting dan 'n paar prentjies van Xander en Jorienke in aksie - dankie Elize vir die mooi foto's, ek deel dit graag met almal.  Geniet!


 
 
Xander speel windhokkie - tafel uitgedink en gemaak
deur Marius Roos

Xander en Christiaan by die grabbelton, die een se van
is van der Linden en die ander een se van is
van der Linde...

Jorienke aan die veerpyltjies gooi,
kyk daardie oë - ene konsentrasie!

Ahhhh, dit lyk beter!

Aaag... nou ja, mens hoef ook nie altyd
te wen nie, om deel te neem tel ook!

Mmmmm lekker kolwyntjies met vreeeeslike
groen versiersuiker, dankie tannie
Christelle!

Ballon trap teen Stephan Raimond... Xander het hier
naam gemaak!  Baaaaie goed gevaar!

 
Wie gee nou vir wie raad?

Xander gooi ook veerpyltjies...  Dis die
Olimpiese Medalje wat met gesigverf
op sy wang aangebring is.

Miskien is daar fout met die veerpyltjie?
Dit wil nie gaan waar ek wil nie...

Comments

Popular posts from this blog

GLB 1977-2017

Oupas en oumas, Graad 7 leerders, oud-leerders en onderwysers, ouers en gaste het gisteraand, Vrydag 18 Augustus, die 40-jarige bestaan van die Gereformeerde Laerskool Bellville gevier. Staaltjies is vertel, annekdotes gedeel, heerlik gelag oor stories van onderwysers, ouers, kinders en hul dinge. Die 1977 foto hieronder het kosbare herinneringe opgeroep. Ek staan op die eerste ry, tweede van links, een van die eerste Sub-A leerders in die skool se openingsjaar. Ek onthou hoe ek die jaar daarvoor saam met my Pa talle Saterdae by die ou huis wat die skoolvereniging gekoop het, deurgebring het en op my manier help “bou” het aan die nuwe skool. As 5-jarige knapie kon ek seker nie baie van hulp gewees het nie. Ek mog darem die sement wat tussen die bakstene uitgepeul het met koerante afvryf voor die mure gepleister is. Vanselfsprekend moes Ma my hande en vingers Saterdagaande met salf behandel soos wat die sement die vel gebars het. In die middae het mammas sop en brood...

Iets van alles

  Die jaar is alweer 7 weke oud... en baie het gebeur!     Om alles in een blog te probeer druk, sal wees soos om 'n gekondenseerde versie van Ps 119 in een vers te druk! Ek hou dit maar bietjie by die hoogte (en laagte-) punte...   Aan die einde van 2012 het ons nog Wicus se verjaarsdag gevier (dis nou mooi aansluiting by die laaste blog...).  Hy verjaar in die middel van die Desembervakansie - meestal beteken dit vir ons in die middel van ons kamp-vakansie.  Maar hierdie jaar was kamp buite die kwessie (bietjie moeilik as jy jou karavaan verkoop het en geen tent het nie...).  Om dit vir Wicus tog lekker te maak, het hy twee van sy beste maats (wat gelukkig nog nie of nie meer met vakansie was nie) genooi vir 'n film en 'n strand-piekniek.  Die film was 'n treffer, ons het dit almal geniet.  Die wind het erg gewaai hier in Bellville, maar op ons ou bekende plekkie by die Blue Peter hotel, sit ons uit die wind.  Die kin...

'n Verjaarsdag 1000

Hierdie een is spesiaal vir al my vriendinne daar buite: Elke jaar is dit vir almal van ons weer 'n moeite-volle soektog na 'n oulike geskenkie vir ons vriendin(ne) wat verjaar.  Almal weet dat op "ons ouderdom" daar nie veel is wat ons graag aan aardse dinge wil hê nie... die meeste van ons is eerder gereeld besig met 'n vermindering van aardse dinge!  Almal weet ook dat die aandra van 'n geskenkie glad nie noodsaaklik is vir die sukses van 'n verjaarsdagviering nie.  Aan die ander kant, vir almal van ons is dit lekker om te gee, en spesiaal-uitgedinkte geskenkies maak tog 'n mens se dag heel besonder. Hierdie jaar was ek besonder bevoorreg om van die mees oorspronklike, spesiale en verrassende geskenke te ontvang.  Ek ag myself besonder geseënd met sulke vriendinne (van hulle is familie ook nog... :-)), julle sal weet wie julle is!  Jul liefde en vriendskap is al vir my elke dag 'n geskenk waarvoor ek die Here alleen kan en ook wil dank!  Bai...