Ons het al teëspoed langs die pad gehad. Soos toe die karavaan se wiel flenters gery is tussen Robertson en Swellendam. Ons moes toe die skokbreker met houtstompe en draad regmaak om net tot Swellendam te kom, teen dertig kilometer per uur en nog dertig kilometer tot by Supa Quick.
Maar Dinsdagoggend val ons in die pad vol vertroue dat ons sonder oponthoud in Oudtshoorn sou aankom. Die vorige dag is die karavaan gepak. Net die fietse moes op die Holdfast drarek vasgemaak word en toe is die sewevanderlindens reg vir die lang pad. Hierdie keer het die karavaan se dak nie afgewaai nie.
Na ons deur die tolhekke by die Hugenote tonnel is, word die Kombi vir die eerste keer getoets met die volgelaaide karavaan en ses fietse agteraan. Maar al gou verruil ons die mistigheid van die Skiereiland vir die volle glorie van sonskyn anderkant die Hottentotshollandberge. Worcester, hier kom ons.
In Montagu toets ons die geduld van die plaaslike inwoners om parkeerplek voor die OK Bazaar te kry. Elsbeth koop vars broodrolletjies om die padkos wat met sorg ingepak is, te komplimenteer terwyl ek en die res op stap gaan na die naaste Shell. Daar is mos altyd toiletgeriewe by vulstasies, gewoonlik gesluit sodat voetgangers nie die geriewe misbruik nie. Ons het om een of ander rede gekwalifiseer vir die sleutel, dalk was die nood op die kleintjies se gesigte vertederend genoeg.
Barrydale, Roete 62 se tradisionele halfpadmerk tussen Kaapstad en Oudtshoorn, se talle eetplekkies en uitnodigend geadverteerde terrassies het ons nie omgekoop nie. Ons is op soek na ‘n tafel en bankies langs die pad, verkieslik onder ‘n boom, want die dag is al aan die warm word. So tien kilometer verby Ronnie se Sexshop (ons het nog nooit daar gestop nie), kry ons ons boom, met niemand daar met wie ons dit hoef te deel nie.
Die fietse op die drarek keer dat ons die agterklep van die Kombi kan oopmaak; dus moet ek die piekniekmand en die koue goed uit die koelboks oor die agterbank aangee. Maar menige hande maak ligte werk en kort voor lank is die eerste padkosbroodjie reg vir verorbering. My bergklimstofie kook water vir koffie (ek glo nie meer aan vandag se termoflesse wat heeldag kookwater kookwater hou nie). Hoekom is broodjies met eier en mayonnaise, kaas en sous (Xander se weergawe van mayonnaise), en tuna langs die pad lekkerder as Woolworths se keurig verpakte weergawes? ‘n Halfuur later is ons trommeldik en reg vir die res van die pad, nog so 160 kilometer tot Kleinplasie in Oudtshoorn.
Tien kilometer later gebeur dit. Die Kombi ruk, ruk nog ‘n keer en toe stop ek. Ek sien al visioene van die gebarste karavaanwiel, maar hierdie keer het ek sekerlik die simptone betyds gelees en onmiddellik gestop. Hopelik is die velling nog reg, net ‘n papwiel. Maar ‘n sirkelroete om die karavaan en die fietsrek en die Kombi lewer niks op nie. Al die wiele is nog hard en ek kan niks sien wat afgeval het nie. Dan maar die enjinkap oopmaak en kyk of daar iets fout is, nie dat my kennis van enjins wat waffers is nie.
Diegene wat Kombi’s ken, weet natuurlik dat die enjin nie voor is nie, maar agter, onder die deksel waarop die koelboks en die piekniekmand en die bottel met water en die beddegoed lê. En voor ek die agterklap kan oopmaak moet die fietse losgemaak word en die Holdfast losgeskroef word.
En toe kon ek kyk, en kyk, maar ek sien nie iets fout nie. Die waterverkoeling lyk nie meer so koel nie, maar sy watervlak is reg en die waarskuwingsliggie het nie aangegaan nie. Ek weet, want as ek sleep wissel ek een oog af tussen die instrumentpaneel en die truspieëltjie, en die ander oog kyk waar ek ry.
Maar miskien is dit die waterverkoeling. Het ek al genoem dat die dag al goed warm was? Wel, halfeen was dit seker al op sy warmste, so 35° skat ek. En Kombi’s kan soms oorverhit, vertel hulle my.
Twee karre het gestop. Die eerste ou het ‘n Landrover Defender gery, maar vir hom was enjins agterin ‘n voertuig nie ‘n enjin nie. Hy kon my nie help nie en dit was nie lank of sy vrou start die Landie. Dis tyd om aan te ry. Hulle het mos gestop, die barmhartige Samaritaan kan net soveel doen.
Kobie was ‘n groot kêrel, hy ry ‘n groot Camri. Hy reken dis die battery wat nie genoeg sous het om die enjin te start nie (teen daardie tyd was die battery al flou en die petrolreuk onmiskenbaar). Maar my oorleikabels (ten minste het ek gehad) was nie van dieselfde klas as dié waarmee trokbatterye aan die gang gehelp word nie. Dus barmhartige Samaritaan nommer twee ry ook weer aan, maar nie sonder om sy selfoonnommer te los en ‘n uitnodiging om ‘n biertjie daardie aand in die Protea Hotel op Oudtshoorn te kom drink as ons by Kleinplasie sou uitkom.
Teen dié tyd was Francois, Pa se nutsman op die plaas, al op pad met die bakkie om ons uit te sleep sou dit nodig wees. Ek dink die son het die dag nog ‘n paar grade warmer gemaak. Ons het al gevoel soos Daniël se drie vriende in die vuuroond. Die kinders was nog nie te ongedurig nie, maar dit moes nie veel langer duur nie. Die karavaan se battery het ook nie die ding gedoen nie; dus het ons maar die skadukant van die karavaan opgesoek en soos die Meksikaan in die Doom advertensie gehurk en gewag.
Maar goed, op die uiteinde kon Francois ook nie die Kombi aan die praat kry nie. Eers het ons die karavaan tot op Ladysmith gesleep. Ek en Elsbeth voor met die twee kleintjies in die kajuit. Die drie oudstes met die fietse agterop. Op die dorp gou by Japie du Plessis van Du Plessis Werkswinkel gehoor tot hoe laat hy sou oop wees as ons die Kombi tot by hom insleep. Kwart oor vyf, want hy moet nog kaasfabriek toe gaan. En dit was kwart oor vier. Die Kombi staan 43 kilometer buite Ladysmith.
Ek en Maricia ry terug. Francois sê hy het amper aan die slaap geraak. Het ek ‘n sleeptou? Nog vars in sy verpakking, van daai fênsie toue wat soos ‘n dik wors in sy sakkie opgekrul is, maar tot drie meter kan uitrek sonder om te breek, altans so adverteer hulle.
Francois sê hy hou nie van sleep nie, maar ook nie om gesleep te word nie. Teen die einde van so ‘n rit is hy sopnat gesweet van die spanning. En ons moet ‘n paar stywe opdraandes en skerp draaie deur voor ons in Ladysmith is. Nogal bemoedigend, veral as die Kombi se remme al slegter raak hoe meer jy dit gebruik met ‘n enjin wat nie aansit nie. En ons het net dertig minute voor Japie kaasfabriek toe gaan. Die bagasie rondom die handrem word weggeskuif, net ingeval.
Terwyl ons ry werk Maricia hoeveel minute dit gaan neem as ons teen tagtig kilometer per uur ry. Twintig kilometer per uur neem sestig minute; dus moet tagtig kilometer per uur vier maal vinniger neem, dit is vyftien minute. Nie sleg nie as mens dink dit het haar vinniger geneem as om twee kilometer gesleep te word.
Japie was nog daar, want ons was presies kwart oor vyf by sy werkswinkel. Sy diagnose op die ou einde? Die timing belt gly, maar hy sou eers die volle skade kon vasstel as hy alles losgeskroef het. Hy sal my die volgende dag bel, dan gee hy my die lys onderdele wat ek op Oudtshoorn moet koop en vir hom moet bring.

Op die ou einde was dit ‘n nuwe timing belt, ‘n jockey pully en nog ‘n pulley met vier nuwe boute vir alle sekerheid (volgens Volkswagen Du Plessis), twee ure se arbeid vir die inmekaarsit en daar het ons weer ‘n Kombi wat ry. Met al die nuus van die dorp gratis daarby. Het julle geweet jy was nie ‘n kar in Ladysmith nie? Vra maar vir die boer wat ‘n splinternuwe Ford Cortina gekoop het. Voor die kar se fabriekswaarborg om was, het jy die teerpad onder hom sien deurgly. Daar is iets in die water wat nie goed is vir karwas nie.

Comments