
Afgelope Donderdagaand, 10 Desember 2009, het Herno en sy klasmaats afskeid geneem van die Gereformeerde Laerskool Bellville.
Die aand was ingekleur in die tema van 'n strandpartytjie; dus almal was informeel geklee en in 'n uiters ontspanne en vrolike bui. Die Graad sewes het die gaste uitstekend vermaak met speletjies, gekskeerdery en blatante gekookte wêreldkennis vasvra.

Voorwaar 'n lekker manier om totsiens te sê na sewe jaar laerskool.
Comments