Ons liewe Oumagrootjie, sy was sterk volgens Ps 90... Ouma(grootjie) mog 91 jaar oud word. Laasjaar mog sy haar 90ste verjaarsdag vier. Haar kinders van Nederland en Kanada was hier om dit saam te vier. Ouma se nageslag het toe reeds 103 getel. Ek kon dit - danksy die wonderlike tegnologie van digitale fotografie en internet - vir ouma in 'n boek saamstel. Hierdie boek was die laaste 13 maande van ouma se lewe, haar trots. Sy het so graag met haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gespog. Vir elkeen was sy lief ongeag die foute en gebreke wat daar ook was. Vir elkeen het sy 'n goeie woord gehad; sy het eintlik nie die begrip "aangetroud" of "skoon(seun/dogter)" geken nie. Jy was haar kind / kleinkind en basta met "skoon-" of aangetroud. Na die opstel van die boek, mog 3 agterkleinkinders by die getal gevoeg word. En net voor ouma se sterwe, mog sy hoo...
. HERMAN . ELSBETH . HERNO . MARICIA . WICUS . XANDER . JORIENKE .