Sedert 2006 het die graad vier en vyf-klasse van GLB kans gekry om groen vingers te 'kweek'... Die 'tuintjies' by die laerskool het die strook tussen die klaskamers en die omheining aan die westekant van die skoolterrein beslaan. Graad vier en vyf leerders het soms alleen of soms met 'n maat of twee, in hul tuintjies gewerk: omgespit, onkruid uitgehaal, klippies gepak om mooi grense te maak, kompos ingewerk en uiteindelik saadjies gesaai. Regtige reëls was daar nie, net 'n verbod om saadjies te saai van plante wat grondlangs rank (dan het jy letterlik in jou bure se slaai gaan krap as jy wou oes...). Die produkte uit die tuintjies het gewissel van slaai, tamaties, paprika, radyse, spinasie, mielies, wortels, uie en grasuie. Afrikaner-blommetjies was ook baie gewild. Hierdie vars produkte is aan mammas, onderwyseresse en oumas verkoop sodat daar weer nuwe saadjies of kompos gekoop kon word. Pligsgetrou is die tuintjies in pouse-tye onderho...
. HERMAN . ELSBETH . HERNO . MARICIA . WICUS . XANDER . JORIENKE .