Skip to main content

Die onmeetbare prys van kinders

Die afgelope week het Elsbeth en ek weer besef hoe onmeetbaar ryk ons is met ons kinders wat "soos olyfboomplantjies rondom ons tafel" sit (Ps128: 3).

Ek weet nie hoeveel keer mense ons al gevra het hoe ons dit regkry om vyf kinders te bekostig, en as hulle hoor dat Elsbeth 'n voltydse ma en tuisteskepper is, val hulle sowat op hulle rug. Ek is eerlik as ek sê dat ek self soms wonder hoe ons toekomstige studies aan universiteite gaan finansier, maar so het ons ook gewonder hoe ons ons kinders alles kan gee wat hulle nodig het toe hulle nog baie kleiner was. As ek nou terugkyk, sien ons die Here se versorging, liefde en voorsienigheid in alles wat ons tot dusver uit sy hand ontvang het. Dit maak ons klein, maar dankbaar, want Jesus onderwys ons as Hy sê: "Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel."

Ons kinders is broos, en kan môre deur Hom weggeneem word. Tog mag ons deur die tydelike verdriet, hartseer en sorge wat nou op ons afkom, ook sing van ons olyfboomplante om ons dis.

Hier volg 'n skuifievertoning oor ons kinders, met 'n lighartige kontrasstelling tussen die koste van kinders grootmaak en die onmeetbare berekening van die genot wat ons kinders ons gee.



Om direk in Slideshare te kyk, kliek op http://www.slideshare.net/secret/aTeDqsjTsbPVug.

Comments

Popular posts from this blog

All about blessings en seëninge

Count your blessings / Tel jou seëninge A word full of emotional value... blessings...  We always have the tendency to think BIG when we hear the word.  As if only big things or events can be counted as blessings.  But this past week, we have been blessed beyond believe.  Why?  Because of our children, of who they are and what they do.  Because of what people see when they look at our children.  Because of what WE see when we look at them:  BLESSINGS.  Gifts from our Heavenly Father, with whom He wanted to bless us... In die afgelope 10 dae, was daar in ons gesin ongelooflike drukte.  Vir vier van die vyf kinders was daar afsprake, kompetisies en deelnames.  Net Jorienke was salig onbewus en onbetrokke by al die geharwar om haar heen.  Vir haar was die speel by maats die hoogtepunte van haar afgelope twee weke... Herno het deelgeneem aan die Skiereiland se Top Skole Skaakkompetisie met 15 skole wat gekwalifiseer...

Pa van der Linden

Dit was Saterdagaand toe ons berig kry dat Pa opgeneem is in Bayview Privaathospitaal in Mosselbaai na klagtes van borskaspyne. Na 'n angiogram om vas te stel waar die oorsaak lê, was die diagnosis 'n verdikking in 'n hoofslagaar wat gevaarlik is as 'n bloedklont sou losskiet. Buiten hierdie hoofaar moes nog 'n aar vervang word. 'n Hartomleiding dus, met ten minste twee aargedeeltes wat vervang sou word. Sondagaand het die chirurg bevestig dat die operasie Maandagmiddag om 13h00 sou geskied. Sy laaste besoekuur voor die operasie mog tussen 11h00 en 12h00 daardie oggend wees. Ek en Christine het daarom Maandagoggend vroeg uit Bellville vertrek om voor die besoektyd in Mosselbaai aan te kom. Die reis was voorspoedig en Christine se twee dogters het hulle uitstekend gedra. Ons vergeet maar van Lise-Carien se braakepisode; nog nooit het ek Christine so vinnig 'n sakkie sien uitpluk om die maaginhoud op te vang nie. Kwart voor elf was ons by die adres van Christi...

GLB 1977-2017

Oupas en oumas, Graad 7 leerders, oud-leerders en onderwysers, ouers en gaste het gisteraand, Vrydag 18 Augustus, die 40-jarige bestaan van die Gereformeerde Laerskool Bellville gevier. Staaltjies is vertel, annekdotes gedeel, heerlik gelag oor stories van onderwysers, ouers, kinders en hul dinge. Die 1977 foto hieronder het kosbare herinneringe opgeroep. Ek staan op die eerste ry, tweede van links, een van die eerste Sub-A leerders in die skool se openingsjaar. Ek onthou hoe ek die jaar daarvoor saam met my Pa talle Saterdae by die ou huis wat die skoolvereniging gekoop het, deurgebring het en op my manier help “bou” het aan die nuwe skool. As 5-jarige knapie kon ek seker nie baie van hulp gewees het nie. Ek mog darem die sement wat tussen die bakstene uitgepeul het met koerante afvryf voor die mure gepleister is. Vanselfsprekend moes Ma my hande en vingers Saterdagaande met salf behandel soos wat die sement die vel gebars het. In die middae het mammas sop en brood...