Einde van 2012 is in sig... Alweer 'n jaar verby; die tyd vlieg. In die tyd nadat Herman sy werk verloor het en hy begin het om Axact Accounting op te bou, was die gebrek aan kollegas en die kontak met medewerkers vir hom 'n groot gemis. In November 2011 het hy deur verwysing by 'n besigheid in Durbanville uitgekom. Hierdie besigheid was in groot moeilikheid as gevolg van die bedrog en oneerlikheid van hul belasting-konsultant. Herman kon daarin slaag om die moeilikheid op te klaar, die boetes en rente wat SARS gehef het, gekanselleer te kry en die besigheid op gesonde voet met die belastingdienste te kry. Hieruit het 'n kontrak en samewerking gegroei. Iets waarvoor ons baie dankbaar is; dit bring 'n vaste inkomste elke maand. Dit het ook op kollegiale vlak gegroei en so is ons as paartjie na die besigheid se jaar-eind-funksie genooi. En nie net sommer 'n funksie nie, 'n naweek! Die besigheid het die afgelope jaar baie gegroe...
. HERMAN . ELSBETH . HERNO . MARICIA . WICUS . XANDER . JORIENKE .