Natuurlik letterlik en nie figuurlik nie... Ons is baie dankbaar dat ons weer Jorienke se verjaarsdag mog vier. Sy het gister vyf geword - 'n hele hand vol. En ons het darem dié geleentheid gevier met geskenkies, koek en kuier! DV komende Saterdag hou sy 'n partytjie vir haar speelgroepie-maats. En as 'n mens vyf is, word jy volgende jaar ses! En as jy volgende jaar ses word, gaan jy graad R toe! En vandag was dit dan sommer die tweede langverwagte datum: graad R-inskrywings! Jorienke het 'n prent van 'n boompie met twaalf vrugte in, gekry om in te kleur . Elke vrug verteenwoordig 'n week. Aan die begin van elke week, moet sy 'n plakker in 'n vruggie plak. As al die vrugte 'n plakker het, is dit nog 3 dae, dan gaan sy graad R toe! Xander het vandag sy graad 1-inskrywingsdag gehad. En hy het 'n kaart gekry met 12 strokies aan, elke Sondag moet hy die week se strokie aftrek. As alle strokies afgetrek i...
. HERMAN . ELSBETH . HERNO . MARICIA . WICUS . XANDER . JORIENKE .