Skip to main content

Posts

Showing posts from January, 2012

Xander is ses!

186 dae!  Dis BAIE! Ongeveer 6 maande gelede het Xander begin vra wanneer dit sy verjaarsdag is.  Ywerige ouboet Wicus het dit heel netjies vir hom gaan uittel...  Oor 186 dae was die antwoord.  Allawêreld wat 'n teleurstelling, dis dan nog so baie! Maar die tyd vlieg, so sê die spreekwoord.  En so het ons dit ook in 'n mate ervaar, want toe ons ons oë uitvee, was dit so ver.  Xander verjaar en is 6! Nou is 'n mens natuurlik al baie ervare as jy jou sesde verjaarsdag vier.  Jy weet jy moet eers wakker word,  aantrek en tande borsel voordat jy in die sitkamer kan gaan sit en wag vir die heel belangrikste deel van die dag!  Die gesingery, drukkies-gee-ery en geskenke kry-ery... Ek kan nie onthou dat dit my al ooit oorgekom het nie, maar Xander het sowaar heerlik lê en slaap Donderdagoggend 26 Januarie!  Jorienke het hom maar op die ou end om half 7 gaan wakker maak - hy verjaar mos vandag, mamma ? En so het die dag van 6-...

Karavaan

Einde van 'n era - tot siens Sprite Musketeer! Met Axact Accounting wat stadig (maar seker...?!) groei, het dit vir ons nodig geword om die karavaan te verkoop.  Herman het die ou staatmaker Gumtree ingespan om die karavaan te adverteer.  Geen reaksie in die eerste 3 weke wat die advertensie geldig was nie.  Net toe ons begin dink het ons sal die advertensie moet hernu (en miskien die prys moet aanpas...), kry ons 'n oproep van 'n moontlike koper.  En dit het toe die koper geword - maar met 'n hele storie daaraan verbonde.  Hy werk vir 'n advertensie -maatskappy en hulle was op soek na 2 identiese karavane.  En ons s'n was dan een helfte van die tweeling.  Maar die base moes seker weet dat daar 'n ander helfte sal wees om by ons s'n te pas.  Dit het 'n week geduur, maar hulle soektog was suksesvol.  En toe kom die aap uit die mou:  hulle gaan die karavane gebruik om 'n advertensie te skiet.  En een van die twee karavane gaan geb...

Maricia se scrapbook-projek

Dit alles begin toe ek terugkom van veldskool met die vraag hoe ek al die oulike foto's met elkeen sy eie storie en herinnering, kan byderhand hou sodat ek gereeld daarna kan kyk en ook vir ander dit kan wys.  Hieruit het die idee voortgekom om 'n scrapbook te maak.  Maar dan nie net van die veldskool nie, 'n graad 7-scrapbook met die hoogtepunte van my laaste laerskooljaar daarin opgeteken.  Ek en mamma het 'n baie oulike scrapbook gekoop by die Crazy Store en toe alles wat ons in die hande kon kry aan plakkers, linte, knopies, blommetjies en gekleurde papier bymekaar gesit.  Saam met die agtergrondpapier beskikbaar vir scrapbooking by die Crazy Store het ons genoeg moontlikhede gehad om elke bladsy uniek te maak.  Geen kleurskema is herhaal nie en die kleurkombinasies is het afgehang van wat ons op die bladsy gaan plak en ook deur wat ons beskikbaar gehad het om die bladsy se foto's mee aan te vul.  Die projek het die eerste 3 weke van di...

Desemberhoogtepunte

Desembervakansie...   Gewoonlik het ons die karavaan gehaak en lekker in Oudtshoorn die son gaan soek.  Hierdie jaar het ons by die huis gebly.  Herman het redelik baie werk gehad aangesien hy vir 'n paar maatskappye hul PAIA-handleiding moes klaarmaak.  Die Mense-regte kommissie van SA verplig alle maatskappye om so 'n handleiding met inligting oor die maatskappy, in te handig.  Die sperdatum was 31 Desember.  Desember het nie veel van strandweer opgelewer nie, ons het mooi een keer see toe gegaan sonder om weer letterlik terug te waai.  Ek moet eerlik sê, die wind is heerlik om jou wasgoed droog te kry... Ons het ook sommer 3 dae reën gehad.  Snaakse weer vir Desember, maar dit het ons maar min gepla.  Die kinders het hulself besig gehou met kuier by maats, swem, oorslaap en stories kyk. Tussen alle tradisionele Desemberfeesdae het ons ook Wicus se verjaarsdag om te vier.  Hierdie keer dan lekker tuis,...