Skip to main content

Posts

Showing posts from November, 2011

"Grow your life"

Sedert 2006 het die graad vier en vyf-klasse van GLB kans gekry om groen vingers te 'kweek'... Die 'tuintjies' by die laerskool het die strook tussen die klaskamers en die omheining aan die westekant van die skoolterrein beslaan.  Graad vier en vyf leerders het soms alleen of soms met 'n maat of twee, in hul tuintjies gewerk: omgespit, onkruid uitgehaal, klippies gepak om mooi grense te maak, kompos ingewerk en uiteindelik saadjies gesaai.  Regtige reëls was daar nie, net 'n verbod om saadjies te saai van plante wat grondlangs rank (dan het jy letterlik in jou bure se slaai gaan krap as jy wou oes...). Die produkte uit die tuintjies het gewissel van slaai, tamaties, paprika, radyse, spinasie, mielies, wortels, uie en grasuie.  Afrikaner-blommetjies was ook baie gewild.  Hierdie vars produkte is aan mammas, onderwyseresse en oumas verkoop sodat daar weer nuwe saadjies of kompos gekoop kon word.  Pligsgetrou is die tuintjies in pouse-tye onderho...

Graad sewes in die sixties

En toe is dit uiteindelik 22 November...  Na letterlik 10 maande se beplan, gesels, werk, vergader en koukus, mog die aand van die graad sewes se afskeid aanbreek.  Ons het as 10 mammas en 10 leerders hard gewerk deur die jaar om fondse vir die aand in te samel, en het saam gevoel ons gaan die aand saam met die kinders en ander gaste geniet.  Dus het ons 'n "spitbraai koning" ingehuur wat vir ons 'n fees voorgesit het, en ook die borde en messegoed verskaf het (en baie belangriker: gewas het!)  So nou-en-dan het die ouers sonder die kinders vergader en op een van hierdie geleenthede het ons as mammas vir die kids 'n verrassing gereël:  hulle sou almal saam vanaf ons huis na die saal vervoer word in 'n ou Volkswagen-bussie, hule moes die bussie self versier met ballonne en blomme wat ons gemaak het.  Een van die pappas het 'n ekstra nommerplaat gemaak vir die geleentheid en Simon (die chauffeur) het spesiaal 'n "boombox" in die bus gebou - s...

Graad 7-kamp

Lank, lank gelede het 10 gesinne by Mountain Breeze in Stellenbosch gaan kamp... Dit was 'n geleentheid wat gou bekend gestaan het as die graad 1-kamp.  Die 10 gesinne was dié van wie die oudste kinders (wel in 7 van die 10 gesinne, by die ander 3 was dit 2 tweedes en 1 derde kind) in 2005 met hul graad 1-jaar sou begin. Die kamp is gereël deur 'n paar "nuwe" mammas wat graag 'n bietjie ondersteuning en raad by die meer (?!) ervare mammas wou kry en tegelykertyd die kinders se skoolloopbaan op 'n hoogtepunt wou laat begin.  Dit was so 'n groot sukses dat, amper sewe jaar later, die mammas besluit het dis weer tyd vir 'n kamp, hierdie keer 'n graad 7-kamp.  Weereens het 10 gesinne kopgekrap om die dagboeke te laat klop en die begrotings te laat werk.  Maar uiteindelik kon ons op 11 November (ja, 11-11-11) die N1 aandurf na De Doorns, vandaar die R318 in die rigting van Montagu en dan weer regs afdraai na Protea plaas.  Hier het ons die dormitor...