Skip to main content

Posts

Showing posts from August, 2011

Badkamermoleste

Vir die van julle wat die laaste 2 jaar meer as een keer in ons huis was en die badkamer moes gebruik, sal hierdie twee prentjies bekend lyk...   Sowat 26 maande gelede (Junie 2009) het ek en die kinders die muurpapier en die stukkende teëls van die mure in die hoofbadkamer, afgek(r)ap.  Dit het ons so ongeveer 2 dae geneem en almal het gehelp (wel, Xander en Jorienke was natuurlik nog onderskeidelik klein en kleiner...) Xander het gehelp totdat hy die hamer met soveel entoesiasme geswaai het, dat die wasbak se hoek afgekap is, die bewyse is steeds sigbaar ondanks die noodoperasie met Super glue voordat pappa tuiskom.   Die oudste drie kinders het elkeen 'n deel van die muur beskilder, Herno het die sonnestelsel geteken, Maricia 'n kasteel en Wicus 'n lughawe kompleet met helikopter en vliegtuig.  Xander het te groot geskrik met die hamer en wasbak-episode, hy het beleefd bedank vir die voorreg om nou 'n slag op die mure te mag teken...Na hierdie ywerigheid,...

Axact Accounting

Mag ek julle bekend stel aan die eienaar van die nuutgestigde Axact Accounting ?  En nee, dis nie 'n spellingfout deur die (on?)bekwame Engelse onderwyseres nie!  Axact Accounting se spelling is met opset gekies om aandag te trek;  deur die gebruik van die bekende Engelse woord word 2 assosiasies opgeroep:  die een met die woord soos dit gespel behoort te word, die ander een om die Afrikaanse betekenis van die woord te betrek.  Axact Accounting is gestig om akkurate en betroubare boekhoukundige en finansiële dienste te lewer. Axact Accounting  is die gevolg van baie gesprekke tussen Herman en my, Herman en ander mense wat ons belange die laaste maande op die hart gedra het, en bowenal, gesprekke as gebede tot ons Hemelse Vader.  Ons het na die eerste skok van die "retrenchment"-brief in April, ons opsies neergeskryf.  Die van julle wat op gereelde basis met ons kontak gehad het, sal teen hierdie tyd ook al die verskillende opsie...

Plaas toe!

En so breek die langverwagte naweek aan... plaas toe! Hierdie naweek is reeds in Maart afgespreek, maar met Herman se Axact Accounting in ons lewens, het hierdie naweek-wegbreek 'n werk-wegbreek ook geword. Herman het saam met Pa mense gaan sien in verband met die begin van eie besigheid en die geleentheid gebruik om sy netwerk van kontakte te versterk. Immers, vandag gaan dit in die eerste plek oor wie jy ken, en daarna oor wat jy kan... Wat 'n wonderlike gesig het ons begroet toe dit Saterdagoggend begin lig word en die berge rondom Ladismith lê wit van die sneeu! Natuurlik,  ons was teen half 10 net mooi veilig op die plaas (na ongeveer vier ure se ry, sonder dat die VW te warm geword het... dit was te vr.. koud daarbuite vir die enjin om warm te word), toe word pa en oupa oortuig dat die Landrover die ding sal doen: sneeu kyk in die Swartberg-pas! Reg vir aksie? Koes maar, dis Maricia wat gooi en sy is dodelik akkuraat! Sneeu? Wow! Dis wonderlik, sê Xand...