Skip to main content

Posts

Showing posts from November, 2010

Pa van der Linden weer in ICU

Gisteroggend is Pa vanaf die gewone saal terug na ICU oorgeplaas. Dokter van Rooyen het voorkomend opgetree omdat die mediese versorging in die gewone saal volgens hom nie na wense was nie. Vanoggend het ons nuus gekry dat weens vog op die longe en beskadiging aan die niere, moes Pa aan 'n asemhalingsmasjien gekoppel word om sy asemhaling en suurstofvlakke aan te help. Hy is tans onder sedasie as gevolg van die pype. Dié wending in Pa se herstel (of dan gebrek aan herstel) is nie noodwendig lewensbedreigend nie, maar dit wil nie sê dat hy buite gevaar is nie. Dit kan enige kant opgaan. Hoe langer dit nodig is om hom aan die asemhalingsmasjien gekoppel te hou, hoe moeiliker sal dit vir sy longe wees om die asemhaling weer self oor te neem. Dit is dus wel 'n kritiese situasie en hoewel Pa tans nie bewus is van besoek of meelewe nie, is ons as kinders (en Ma) op pad na Mosselbaai om naby hom te wees. Christine, Nico en hul twee dogters het reeds vanmiddag deurgery en behoort al da...

Pa van der Linden (jongste)

Christine en ek kon gistermiddag 15h00 die eerste keer Pa na sy operasie besoek. Hy het nog geslaap as gevolg van die narkose van twee teaterbesoeke en die pynmedikasie wat die oggend nog toegedien is. Volgens die narkotiseur en die verpleegpersoneel was alles goed en dat dit nie abnormaal is vir Pa om so lank nog te slaap nie. Ons was 'n uur daar, maar moes teen die einde van besoektyd weer terugaan na ons gasadres. Die kans was klein dat hy met die aandbesoektyd wakker sou wees; dus het ek besluit om teen 17h30 terug te ry Kaap toe. Die 380km tot by die huis sou ruim 4 ure reistyd in beslag neem en dit sou nie goed wees om eers die aand na 20h00 in die pad te val nie. Al het Elsbeth gesê dat ek langer kan bly as ek enigsinds gevoel het ek langer by Pa wou bly. Haar ondersteuning van die huis af met vyf kinders wat gery en gesorg en gereël moet word, is 'n wonderlike riem onder die hart. Met 'n russtop in Riversdal vir die kar en my eie liggaam se innerlike versorging, he...

Pa van der Linden

Dit was Saterdagaand toe ons berig kry dat Pa opgeneem is in Bayview Privaathospitaal in Mosselbaai na klagtes van borskaspyne. Na 'n angiogram om vas te stel waar die oorsaak lê, was die diagnosis 'n verdikking in 'n hoofslagaar wat gevaarlik is as 'n bloedklont sou losskiet. Buiten hierdie hoofaar moes nog 'n aar vervang word. 'n Hartomleiding dus, met ten minste twee aargedeeltes wat vervang sou word. Sondagaand het die chirurg bevestig dat die operasie Maandagmiddag om 13h00 sou geskied. Sy laaste besoekuur voor die operasie mog tussen 11h00 en 12h00 daardie oggend wees. Ek en Christine het daarom Maandagoggend vroeg uit Bellville vertrek om voor die besoektyd in Mosselbaai aan te kom. Die reis was voorspoedig en Christine se twee dogters het hulle uitstekend gedra. Ons vergeet maar van Lise-Carien se braakepisode; nog nooit het ek Christine so vinnig 'n sakkie sien uitpluk om die maaginhoud op te vang nie. Kwart voor elf was ons by die adres van Christi...