Skip to main content

Posts

Showing posts from September, 2012

Urban Park, Groenpunt

Lank lewe die papierkompetisie! Elke kwartaal hou GLB papierkompetisie - ons samel ou papier in wat vir herwinning gebruik kan word.  Elke kwartaal is die kompetisie anders saamgestel en is die prys waarvoor gewerk en gekompeteer word, verskillend.  Vir die derde kwartaal van 2012 was die kompetisie in klasverband.  Dus het graad 6 en 7 kragte saamgespan en as oorwinnaars uit die stryd getree!  Die prys?  'n Piekniek by Urban Park in Groenpunt. Op Woensdag 26 September het ons dan so gemaak, 4 karre volgelaai met jongmense en piekniekpakkies, het die N1 rigting Kaapstad aangedurf.  Ons sou eers Donderdag die 27ste gaan, maar danksy akkurate weervoorspelling van yr.no het ons dit 'n dag vervroeg - en ook maar goed ook.  Dit was steeds nie juis stralende weer nie, maar droog en windstil, wat meer kan 'n mens vra as jy in die Kaap woon en dis nog maar September? Die kinders het hulself met hul rugby-, sokker- en netballe vermaak en ook ondersoe...

Entrepreneursdag 2012

        GLB se jaarlikse entrepreneursdag...   Alhoewel Wicus die een is in graad 6 en deel van die entrepreneurspan, was Xander en Jorienke die twee van die gesin in die kollig (of moet ek sĂȘ in die lens van tannie Elize se kamera?).    Daar was heelwat te doen: ballon trap, veerpyltjies gooi, koek eet, kuier, windhokkie ens.  Al hierdie aktiwiteite is deur graad 6 en 7 leerders uitgedink en aangebied.  Hulle het hiermee 'n pragtige bedrag van net so bietjie meer as R2 000 ingesamel vir hul veldskool einde van November 2012.    Die entrepreneursdag word elke jaar gehou en deur die graad 6 en 7's aangebied.  Dit is deel van hulle EBW (ekonomiese en bestuurswetenskap-leerplan) en vorm deel van hulle punt op die September-rapport.  Leerders in graad 6 en 7 leer van begroting, wins, verlies, vraag-en-aanbod.  En die ander leerdertjies van GLB?  Hulle leer hoeveel jy kan doen met R10... of nie?!?...