In 'n vorige blog het ek stories met prentjies belowe. Hier is die tweede een in my poging om hierdie belofte gestand te doen. Die afgelope naweek (rondom 9 Augustus) was 'n langnaweek vir die skole in S.A. Ons het die geleentheid met beide hande aangegryp en saam met twee ander gesinne (in totaal 6 volwassenes en 13 kinders) ons kennismaking met Proteaplaas in die Koo-vallei gaan hernu. Kyk gerus na die vorige blog oor hierdie werkende vrugteplaas met die wêreldberoemde trekkerrit-en-potjiekos-uitstappie (ons was in November 2011 op die plaas met die graad 7-klas). Ons het tyd gehad om Donderdag by die dam met die roeibootjie en duikplank te gaan piekniek hou. Die weer was pragtig - koud, maar sonnig. 'n Aantal kids het die roeibootjie (met gepaardgaande nat broek en skouers) aangedurf (miskien bietjie geïnspireer deur die roeiers van SA wat goud en brons op die Spele gewen het???). Ander kids het die vryheid van in bosse en natuur rondhardloop ten volle...
. HERMAN . ELSBETH . HERNO . MARICIA . WICUS . XANDER . JORIENKE .