Skip to main content

Posts

Showing posts from October, 2011

Vier vier

Hoe vier 'n mens vier? Ag wat, dis baie maklik - 'n mens word Sondagoggend wakker.  Mamma help jou om mooi kerkklere aan te trek.  Jy storm by mamma en pappa se slaapkamer in en roep kliphard in pappa se oor: Pappa ek verjaar, jy moet opstaan!"  Dan gaan jy sitkamer toe en wag totdat die hele gesin aanwesig is.  En dan.... dan begin jy vier!  Almal sing, almal gee drukkies en soentjies en... geskenke!  Dit kan jy dan oopmaak, bewonder en omdat jy vier word (is) kan jy vir die volgende geskenkie vra! Daarna gaan 'n mens kerk toe en omdat jou naam in die "Voorportaal" (weekblad) van die kerk staan, word jy by die kerk ook gedruk en gesoen (minder lekker!?!) en kan jy ook nog 'n geskenkie losslaan (baie lekker!!).  Daarna gaan jy huis toe, die familie volg almal gedwee en dan begin die storie weer van voor af.  Weer soene en drukkies (sug!) maar darem ook geskenke!  En dan?  Dan gaan speel 'n mens so tussen die koek-eet deur....

Kantoor toe

Waar is Pappa?  Kantoor toe! Dis hoe dit die laaste 2 maande by ons klink.  As die kinders pappa soek, dan is pappa nie meer werk toe nie, maar kantoor toe .  Ons het intussen 'n hele ent gevorder met die kantoor-skuiwery.  Herman kon Woensdag, 5 Oktober, sy kantoor na die nuwe "perseel" skuif.  Die buitekamer is 95% klaar uitgeverf, die rakke is in die proses van maak-pas en die tuin is in wording.  Of anders gestel:  die deurkosyn en deur moet nog geverf word, die rakke moet nog op regte lengte en hoogte vasgeskroef word en die gras moet nog klaar geplant word (gister het ons 80 van die 240 grasplantjies geplant, more DV die res voordat dit waarskynlik Dinsdag reën). Soos belowe, hiermee dan die nuutste foto's om 'n beter idee te kan kry hoe dinge nou verander het.  Vir dié van julle wat ons agtertuin al gesien het, ons hoop die verskil is baie ooglopend.  Vir dié wat die agtertuin nie ken nie, geniet die foto's in elk...