Kleuresport - GLB: 3 Februarie 2012 Uiteindelik het die dag aangebreek... Die kinders het al vir weke geoefen aan die krete en liedjies. Die spanne is opgestel en die items verdeel. In ons eie gesin is die lojaliteite ook verdeel: Wicus is 'n by in die Geelspan en Xander is 'n panda in die Witspan. Aan entoesiasme en wedywering het dit nie ontbreek nie, maar alles in 'n gemoedelike stemming... of so het ons gedink! Met die aanbreek van die groot geleentheid, kom ons tog agter hoe die wind waai, of miskien moet ons sê: ontdek ons jakkals se ware kleure! Die Pandas en die Bye het langs mekaar op die pawiljoene gesit en die een het harder as die ander probeer skree. Xander het met baie ywer en 'n houding van "ek-weet-hoe" aan alle singery deelgeneem en Wicus het saam met sy maat Tiaan gesorg dat die gr. 6-element duidelik hoorbaar en sigbaar was in die by-span! Albei seuns het lekker deelgeneem aan die atletiek ook. Xander het na di...
. HERMAN . ELSBETH . HERNO . MARICIA . WICUS . XANDER . JORIENKE .