Skip to main content

Posts

Showing posts from July, 2011

Sewevanderlindens out and about

Ons het lanklaas ge-blog, maar dis nie omdat daar niks gebeur het nie... Drie weke van Julie-skoolvakansie het verby gevlieg: kuiers, bordspeletjies, oorslaap, DVD's, Wii en wie weet wat nog!  Ons kan ook nie kla oor die weer nie, dit was absoluut fantasties.  Ek het soms eintlik loop en soek na wasgoed om te was, want dit het alles so lekker op die draad droog geword! Die laaste Saterdag van die vakansie was bedoel om met al die kinders Kaapstad toe te ry en by die spesiale "Nederlandse Ambassade Fotograaf" paspoortfoto's van al 5 te laat neem.  Die plan was om so teen 12 uur te ry, half een in Kaapstad te wees vir die foto's en daarna bietjie see toe te gaan en die mooi weer te geniet.  Ek het die piekniekmandjie gepak en het nog net ystee uit die yskas van die garage nodig gehad en dan kon ons ry... Met die oopmaak van die yskas om die ystee uit te haal, staan ek skielik met die deur in my hand (en dis werklik nie dieselfde as met die hoed in...